Thesis (MComm)--Stellenbosch University, 2015. / ENGLISH ABSTRACT: The consumerisation of mobile technology is driving the mobile revolution and
enterprises are forced to incorporate mobile solutions into their business processes
in order to remain competitive. While there are many benefits relating to the
investment in and use of mobile technology, significant risks are also being
introduced into the business. The fast pace of technological innovation and the rate
of adoption of mobile technology by employees has, however, created an
environment where enterprises are deploying mobile solutions on an ad hoc basis.
Enterprises are only addressing the risks as they are occurring and resulting in
losses. The key contributing factor to this lack of governance and management is the
fact that those charged with governance do not understand the underlying mobile
technology components.
The purpose of this research is to improve the understanding of the underlying
components of mobile technology. The research further proposes to use this
understanding to identify the significant risks related to mobile technology and to
formulate appropriate internal controls to address these risks. The findings of the
research identified the following underlying components of mobile technology: mobile
devices; mobile infrastructure, data delivery mechanisms and enabling technologies;
and mobile applications. Based on an understanding of the components and
subcategories of mobile technology, a control framework was used to identify the
significant risks related to each component and subcategory. The significant risks
identified included both risks to the users (including interoperability, user experience,
connectivity and IT support) as well as risks to the enterprise’s strategies (including
continuity, security, cost and data ownership). The research concludes by
formulating internal controls that the enterprise can implement to mitigate the
significant risks. This resulted in two matrixes that serve as quick-reference guides to
enterprises in the identification of significant risks at an enterprise specific mobile
technology component level, as well as the relevant internal controls to consider.
The matrixes also assist enterprises in determining the best mobile solutions to
deploy in their business, given their strategies, risk evaluation and control
environment. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die mobiele revolusie word deur die verbruiker van mobiele tegnologie aangedryf en,
ten einde kompeterend te bly, word ondernemings gedwing om mobiele tegnologie
in hul besigheidsprosesse te implementeer. Terwyl daar baie voordele verbonde is
aan die investering in en gebruik van mobiele tegnologie, word die besigheid egter
ook blootgestel aan wesenlike risiko’s. Die vinnige tempo waarteen mobiele
tegnologie ontwikkel en deur werknemers aangeneem word, het egter ʼn omgewing
geskep waarin ondernemings mobiele tegnologie op ʼn ad hoc basis ontplooi.
Besighede spreek eers die risiko’s aan nadat dit reeds voorgekom het en verliese as
gevolg gehad het. Die hoof bydraende faktor tot die tekort aan beheer en bestuur
van mobiele tegnologie is die feit dat diegene verantwoordelik vir beheer, nie
onderliggend mobiele tegnologie komponente verstaan nie.
Die doel van hierdie navorsing is om die begrip van die onderliggende komponente
van mobiele tegnologie te verbeter. Die navorsing poog verder om die wesenlike
risiko’s verbonde aan mobiele tegnologie te identifiseer en om toepaslike interne
beheermaatreëls te formuleer wat die risiko’s sal aanspreek. Die bevindinge van die
navorsing het die volgende onderliggende komponente van mobiele tegnologie
geïdentifiseer: mobiele toestelle; mobiele infrastruktuur, data afleweringsmeganismes,
en bemagtigende tegnologieë; en mobiele toepassings. Gebaseer op
ʼn begrip van die komponente en subkategorieë van mobiele tegnologie, is ʼn kontrole
raamwerk gebruik om die wesenlike risiko’s verbonde aan elke komponent en
subkategorie van die tegnologie, te identifiseer. Die wesenlike risiko’s sluit beide
risiko’s vir die gebruiker (insluitend kontinuïteit, gebruikerservaring, konnektiwiteit en
IT ondersteuning) sowel as risiko’s vir die onderneming se strategieë (insluitend
kontinuïteit, sekuriteit, koste en data eienaarskap) in. Die navorsing sluit af met die
formulering van die beheermaatreëls wat geïmplementeer kan word om die
wesenlike risiko’s aan te spreek. Dit het gelei tot twee tabelle wat as vinnige
verwysingsraamwerke deur ondernemings gebruik kan word in die identifisering van
wesenlike risiko’s op ʼn onderneming-spesifieke tegnologie komponentvlak asook die
oorweging van relevante interne beheermaatreëls. Die tabelle help ondernemings
ook om die beste mobiele tegnologie vir hul besigheid te implementeer, gebaseer op
hul strategie, risiko evaluering en beheeromgewing.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/96674 |
Date | 04 1900 |
Creators | Sahd, Lize-Marie |
Contributors | Rudman, Riaan J., Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. School of Accounting. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | English |
Type | Thesis |
Format | 108 pages : illustrations |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0153 seconds