Return to search

Suid-Afrikaanse kamermusiek : 'n historiese oorsig en evaluasie van geselekteerde werke

Text in Afrikaans / Die ontwikkeling van 'n eiesoortige Suid-Afrikaanse instrumentale
kamennusiekidioom deur die stelselmatige assimilasie van inheemse musikale elemente uit Afrika-musiek in die oorspionklike Europese georienteerde kamermusiekgenre, het gelei tot die navorsing oor die historiese ontwikkeling van Suid-Afrikaanse instrumentale kamermusiek. 'n Oorsigtelike evaluasie van geselekteerde kamermusiekkomposisies word
ingesluit.
Bydraes deur besoekende-, immigrante of Suid-Afrikaanse komponiste moet
aan die volgende kriteria voldoen, voordat die komposisies as
verwysings kan kwalifiseer:
(a) Die komposisies moet hoofsaaklik op Suid-Afrikaanse bodem gekomponeer wees.
(b) Instrumentale kamernusiekkomposisies moet volledig en voltooid
wees.
( c) Bogenoemde werke moet vir drie tot nege instrumentaliste geskryf
wees. Die omruiling of afwisseling van instrumente deur die uitvoerende kunstenaars is in aanmerking geneem.
Instrumentale kamermusiekkomposisies wat tydens hul studieperiode in die buiteland deur Suid-Afrikaanse komponiste gekomponeer is, is vanwee die selfverrykende proses en die voordeel wat Suid-Afrikaanse kamermusiek uit wedersydse kultuurwisseling getrek het, ingesluit.
'n Uitgebreide Suid-Afrikaanse instrumentale kamermusiekrepertorium van 512 komposisies vanaf 1890 tot 1990, sluit 365 gedateerde werke in.
Die geredelike beskikbaarheid van kamermusiekinstrumente, musiekonderrigfasiliteite,
asook die blootstelling aan plaaslike en internasionale
instrumentale kamermusiekuitvoerings tydens konserte, huiskonserte of
soirees in die voorbereidende fase (1652-1910), het 'n bevorderlike milieu vir die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse instrumentale kamermusiek geskep. Eksteme beinvloeding deur ekonomiese, sosiologiese,
militere, godsdienstige en politieke aktiwiteite het 'n beslissende rol
in die ontwikkelingstempo van die SUid-Afrikaanse instrumentale kamermusiek gespeel.
Evaluering van geselekteerde instrumentale kamermusiekkomposisies van
1890 tot 1990, word in 'n historiese konteks bespreek. Die ontplooiing
van 'n egte Suid-Afrikaanse instrumentale kamermusiekidioom is op
enkele parameters gabaseer:
(a) Tematiese metamorfose
(b) Tematiese frasestruktuur
(c) Enkele kompositoriese tegnieke, exerpli gratia imitasie of
direkte herhaling.
Die bevordering van die Suid-Afrikaanse instrumentale kamennusiek word tot die bydrae van belangrike instansies en enkele musiekverenigings beperk.
In Volume 2 word die verblyftydperk van besoekende komponiste asook die
immigrasie- of emigrasiedatums van komponiste aangerlui. Met die insluiting
van 512 instrumentale kamermusiekkomposisies deur 139 amateur
en professionele Suid-Afrikaanse of besoekende komponiste, is daar
gepoog om belangrike biografiese besonderhede asook enkele bydrae deur die betrokke komponis tot die uitbreiding van Suid-Afrikaanse instrumentale kamermusiek, in te sluit.
Die chronologiese ordening van komposisies reflekteer die intense uitbreiding gedurende 1988 van die Suid-Afrikaanse instrumentale kamemusiekrepertorium. Addisionele inligting word in die bylae verstrek / An indigenous South African instrumental chamber music idiom development through assimilation of indigenous musical elements in the original Eurocentric orientated chamber nusic genre, by the cosmopolitan structure of South African composers led to research of historical development of South African instrumental chamber music. A synoptic evaluation of selected chamber music conpositions is included.
Contributions from visiting, immigrating or South African composers had to comply with certain referential criteria:
(a) Compositions must be composed mainly on South African soil.
(b)Instrumental chamber music compositions must be complete and finished
(c)Compositions must be composed for three to nine instrumentalists
Changing or alternating of instruments by perfonning artists
considered.
Instrumental chamber music compositions created abroad by composers on Sabbatical are included due to the self-effacement afforded and advantages gained through mutual cultural interchange. The elaborate South African instrumental chamber music repertoire of 512 compositions from 1890 to 1990, includes 365 dated works.
The availability of instruments, tuition facilities and exposure to
national and inteniational perfornances through public concerts,
private concerts or soirees, during the preparatory phase (1652-1910)
created a favourable milieu for the developnent of chamber music.
External influences such as economical, sociological, military,
religious and political activities, played a determining role in the
developmental tempo of South African instrumental chamber music.
:Evaluation of selected instrumental chamber music compositions from 1890 to 1990 are discussed in an historical cont.ext. The evolution of an authentic South African instrumental chamber music idiom is based ona few parameters:
(a)Thematic metamorphosis
(b) Thematic phrase structure.
(c) Certain composition techniques exempli gratia imitation or
direct repetition.
The promotion of South African instrumental chamber music is limited to the contributions of important organizations and music societies.
In Volume 2 the period of sojourn of visiting composers as well as the
inmigration and emigation dates of composers are indicated. With the
enclosure of 512 compositions by 139 amateur or professional South
African or visiting composers, it has been endeavoured to incorporate
impotrant biographical details as well as some contributions of
relevant composers.
'A chronological list of compositions reflects the extensive expansion
of t.he South African instrumental chamber music repertoire during 1988. Additional information is supplied in the appendix / Art History, Visual Arts and Musicology / D.Mus. (Musiekwetenskap)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/17148
Date06 1900
CreatorsKrynauw, Elizabeth
ContributorsReid, D. J.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xxiii, 395 leaves)

Page generated in 0.0032 seconds