Return to search

'n Funksionele model vir kulturelekonteksaanpassing in literĂªre vertaling

M.A. / Die studie poog om oplossings vir bostaande probleme te vind en 'n model of modelle daar te stel wat in soortgelyke situasies as riglyn vir die vertaler kan dien. 'n Aantal bestaande vertaalteoretiese standpunte wat veral op die oordrag en aanpassing van kulturele konteks betrekking het, word ondersoek en die opvoedkundige doelwitte wat gewoonlik by die vertaling van kinderboeke ter sprake is, word van naderby beskou. Deur middel van verskeie praktiese voorbeelde wat geidentifiseer word in 'n vergelykende studie van die bestaande Duitse, Engelse, Afrikaanse en Nederlandse vertalings van Nils Holgersson, word veranderings aan en aanpassing van die bronteks, wat op een of meer van hierdie opvoedkundige doelwitte afgestem is, ontleed. In hierdie verband word besondere aandag aan kultuurspesifieke elemente in die bronteks geskenk. Aanpassings van die bronteks om die vertaling makliker verstaanbaar en meer interessant vir die doelteksleser te maak, word onder die loep geneem. 'n Geannoteerde, nuwe vertaling van 'n volledige hoofstuk uit Nils Holgersson, asook 'n nuwe vertaling van geselekteerde paragrawe uit nog 'n hoofstuk, word aangebied om tegnieke vir kulturele aanpassing te illustreer. Ten slotte word die belangrikste eienskappe geidentifiseer waaroor 'n vertaler van 'n boek soos Nils Holgersson moet beskik om 'n werkbare en sinvolle vertaling teweeg te bring wat aan die vereistes van beide formele ekwivalensie en dinamiese funksionalisme sal voldoen. 'n Blik word gewerp op die gewildheid van Lagerkif se vertaalde werke, aan die hand waarvan standpunt ingeneem word oor die waarde van letterkundige vertaling en die ryke internasionale kulturele erfenis wat deur vertaalde werke nagelaat word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:9916
Date10 September 2012
CreatorsFerreira, Stefanus Cornelius
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0024 seconds