Return to search

`n Penologiese ontleding van gevangenisbendes as internasionale verskynsel

In hierdie studie word die ses Suid-Afrikaanse gevangenisbendes vergelyk met vyftien bendes uit oorsese lande of streke, tw. Amerika, Sentraal- en Suid Amerika, Kanada, Nieu Zeeland en Brittanje. As basis van vergelyking dien hul Oorsprong, Ontstaansdoel, Geslags- en Etniese samestelling, Eienskappe, Gesagstruktuur, Uitkenningstekens en Metodes van kommunikasie. Die verskillende bendes word ook vanuit Penologiese oogpunt beoordeel.
`n Spesiale hoofstuk word gewy aan die uniekheid van die sogenaamde "Nommerbendes", tw. die 28, 27, 26, 25, 24 en 23 bendes. Verskeie aspekte soos die ontstaan, rituele en geheimhouding word volledig onder die soeklig geplaas.
In die bespreking van die Nommerbendes word `n groot verskeidenheid geheime inligting vir die eerste maal geopenbaar.
Die studie word afgesluit met enkele aanduidings van terreine wat roep om verdere navorsing.
`n Vyftal bylaes dien om sekere aspekte van die navorsing en gevangenislewe verder toe te lig. / In this study the six South African prison gangs are compared to
fifteen prison gangs from foreign countries, namely America, Central and
South America, Canada, New Zealand and Britain. The comparison is
based on their Origin, Original aim, Gender and Ethnic make-up,
Characteristics, Authoritative structure, Gang identifiet·s and Methods of
communication. The different gangs are then evaluated from Penological
viewpoint
A chapter is specially dedicated to the uniqueness of the so-called
"Number Gangs", i.e. 28, 27, 26, 25, 24 and 23 gangs. Difierent aspects,
such as their common origin, rituals and secrecy, are carefully described.
In the discussion of the different Number gangs a large variety of
secret information is exposed for the first time ever.
The study concludes with some indicators for possible further
research.
Five Addenda serve to elucidate certain aspects of the contents. / Penology / M.A. (Penology)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/710
Date25 June 2008
CreatorsWeyers, Andries Petrus
ContributorsCilliers, C. H. (Prof.)
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (ix, 490 leaves : ill., col. photos)

Page generated in 0.002 seconds