Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: The thesis is a conceptual analysis of the concept of tacit knowledge. The analysis consist of
comparing the function of the concept of tacit knowledge in a number of selected theories from
its origin in the philosophy of Michael Polanyi, through its introduction to organisation theory
and its eventual application in knowledge management theory.
Inthe work of Michael Polanyi the concept of tacit knowledge functions as the logical structure
underlying all forms of knowledge. In terms of Polanyi tacit and explicit knowledge are not
two separable phenomena, because all knowledge is rooted in the act of tacit integration.
Ikujiro Nonaka adapted Polanyi's epistemology and within his framework the concept of tacit
knowledge signifies the unstructured subjective realm that is the wellspring of individual
creativity. Nonaka asserts firstly, that the phenomenon of tacit knowledge is a knowledge
content that is distinct from explicit knowledge content and secondly, that it is possible to
convert the one type of knowledge into the other. Nonaka's model includes a spiral process of
interaction in which tacit knowledge is converted into explicit knowledge and back into tacit
knowledge again.
The last chapter relates the conclusions reached upon the comparison of the function of the
concept in the theories of Nonaka and Polanyi, with its reception in knowledge management
theory. It is argued that in knowledge management the concept of tacit knowledge denotes
knowledge content that cannot be communicated as information. It is also shown how
Nonaka' s model was integrated into a sender receiver model of communication, thus
incorporating it into the information processing paradigm. It is furthermore conjectured that
the concept of tacit knowledge forms part of an attempt to bridge an epistemological gap
facing the discourse on organisational knowledge. Lastly, it is concluded that it appears to be
impossible to use the concept of tacit knowledge to overcome this epistemological problem,
without an ontological shift away from the information processing paradigm. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die tesis is 'n konseptuele analise van die konsep van implisiete ('tacit') kennis. Die analise
bestaan uit 'n vergelyking van die funksie van die konsep van implisiete kennis in 'n aantal
geselekteerde teorieë, van die oorsprong van die term in die filosofie van Michael Polanyi,
deur die aanpassing van die konsep in organisasie teorie, tot die toepassing daarvan in
kennisbestuursteorie.
In die werk van Polanyi funksioneer die konsep as die logiese struktuur wat die onderbou van
alle vorme van kennis is. In terme van Polanyi is implisiete en eksplisiete kennis nie twee
aparte fenomene nie, want alle kennis is gewortel in die askie van implisiete integrasie.
Ikujiro Nonaka het Polanyi se epistemologie aangepas en binne sy raamwerk funksioneer die
begrip as 'n beskrywing van die ongestruktureerde subjektiewe domein wat die bron van
individuele kreatiwiteit is. Volgens Nonaka is die fenomeen van implisiete kennis eerstens 'n
kennisinhoud wat onderskeibaar is van eksplisiete kennisinhoud, en tweedens dat dit
moontlik is om die een soort kennis om te skakel in die ander en omgekeerd. Nonaka se model
sluit 'n spiral-proses van interaksie in waarin implisiete kennis omgeskakel word na eksplisiete
kennis en weer terug in implisiete kennis.
Die laaste hoofstuk belig die ontvangs van die konsep van implisiete kennis in
kennisbestuursteorie teen die agtergrond van die vergelyking van die funksionering van die
konsep in die teorieë van Polanyi en Nonaka. Daar word geargumenteer dat in
kennisbestuursteorie die konsep verwys na kennisinhoud wat nie geredelik omgeskakel kan
word na informasie en dus gekommunikeer kan word nie. Daar word getoon hoe Nonaka se
model met 'n sender-ontvanger kommunikasie-model geïntegreer word en dus geïnkorporeer
word in die informasie prossesseringsparadigma. Verder word gespekuleer dat die konsep
gebruik word in 'n poging om 'n epistemologiese gaping in die diskoers rondom
organisatoriese kennis te oorbrug. Laastens is die slotsom dat dit blyk onmoontlik te wees om
die konsep van implisiete kennis te gebruik om die epistemologiese probleem op te los, sonder
'n fundamentele ontologiese skuif weg vanaf die informasie prossesseringsparadigma.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/50109 |
Date | 03 1900 |
Creators | Maasdorp, Christiaan Hendrik |
Contributors | Fouche, Ben, Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Information Science. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 108 p. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0021 seconds