Return to search

Senior primere leerlinge se begrip van sekere algemene getaleienskappe, met besondere verwysing na die distributiewe eienskap

ENGLISH ABSTRACT: Number properties, amongst others the commutative, associative and distributive properties
and general rearrangement principles, form the building blocks of manipulative algebra.
Research and observation have shown that sec~mdary school pupils do not sufficiently
master manipulative algebra, i.e. they do not possess sufficient mastery towards the nature,
meaning, functionality and logic of algebraic manipulations. They are hence not aware that
algebraic manipulations are based on the number properties, on the one hand because they
were not given sufficient opportunity to experience algebra as generalised arithmetic when
they were introduced to algebra, and on the other hand because the number properties,
about which young children possess intuitive knowledge, were never explicated for them.
This study investigates the level of awareness of several number properties present in senior
primary (especially standard 3) pupils, and utilises a few activities to attempt to lead pupils
towards a higher level of awareness. In addition this study attempts to determine whether
pupils who follow the experimental primary mathematics curriculum (project pupils)
possess a higher level of awareness than pupils who follow the traditional curriculum (nonproject
pupils). As part of the latter effort, two investigation methods are utilised with
regards to specifically the distributive property, i.e. clinical interviews and questionnaires.
This also serves as part of a wider effort to design a measuring instrument with which
possible differences between the learning outcomes of project and non-project pupils can be
measured ..
From the results of this study, it seems to appear that the large majority of pupils are
explicitly aware of the commutative properties of addition and multiplication and the
general rearrangement principles, to a lesser extent with regards to a minus sign before
brackets, and that there does not exist a significant difference about the level of awareness
towards these properties between project and non-project pupils.
With regards to the distributive property, there appears to exist a considerable amount of
difference in the level of awareness between project and non-project pupils, the first
mentioned being the higher. However, the opinion is expressed that the level of awareness
among project pupils is not high enough, and that project pupils must be given sufficient
opportunity in (at least standards 4 and 5) to explicate this property for themselves.
Finally, a model of the levels of awareness, based on results of this study, is proposed. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Getaleienskappe, waaronder die kommutatiewe, assosiatiewe en distributiewe eienskappe en
algemene herrangskikkingsbeginsels, vorm die boustene van manipulatiewe algebra.
Navorsing en waarneming het aan die lig gebring dat hoerskoolleerlinge manipulatiewe
algebra nie na behore beheers nie, dit wil se hulle beskik nie oor voldoende beheersing ten
opsigte van die aard, betekenis, funksionalteit en logika van algebraise manipulasies nie.
Hulle is dus nie daarvan bewus dat algebraiese manipulasies op die getaleienskappe berus
nie, enersyds omdat hulle nie tydens die kennismaking met manipulatiewe algebra
genoegsaam in die geleentheid gestel is om algebra as veralgemeende rekenkunde te ervaar
nie, en andersyds omdat die getaleienskappe, waaroor jong kinders intuitiewe kennis besit,
nooit vir hulle geeksplisiteer is nie.
Hierdie studie stel ondersoek in na senior primere (hoofsaaklik standerd 3) leerlinge se vlak
van bewustheid van enkele getaleienskappe, en benut enkele aktiwiteite om leerlinge na 'n
hoer vlak van bewustheid daarvan te probeer lei. Hierbenewens word probeer om vas te
stel of daar by leerlinge wat die eksperimentele primere wiskunde-kurrikulum volg (projekleerlinge)
'n hoer vlak van bewustheid aanwesig is as by leerlinge wat die tradisionele
kurrikulum volg (nie-projekleerlinge). AsĀ· deel van laasgenoemde poging, word twee
ondersoekmetod~s gevolg ten opsigte van spesifiek die distributiewe eienskap, naamlik
kliniese onderhoude en vraelyste. Dit dien ook as deel van 'n breer poging om 'n
meetinstrument te ontwerp waarmee moontlike verskille tussen die leeruitkomste van
projek- en nie-projekleerlinge gemeet kan word.
Dit wil uit die bevindinge van hierdie studie voorkom asof die oorgrote meerderheid leertinge
eksplisiet bewus is van die kommutatiewe eienskappe ten opsigte van optelling en
vermenigvuldiging en die algemene herrangskikkingsbeginsels, in 'n mindere mate ten
opsigte van die minusteken voor hakies, en dat daar nie 'n noemenswaardige verskil in die
vlak van bewustheid oor hierdie eienskappe by projek- en nie-projekleerlinge bestaan nie.
Sover dit die distributiewe eienskap betref, lyk dit asof daar 'n redelike verskil in die vlak
van bewustheid by projek- en nie-projekleerlinge is met eersgenoemde die hoogste. Tog
word die mening uitgespreek dat die vlak van bewustheid by projekleerlinge nie hoog
genoeg is nie, en dat hulle in minstens standerd 4 en 5 in die geleentheid gestel moet word
om hierdie getaleienskap vir hulself te eksplisiteer.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/69396
Date January 1991
CreatorsVermeulen, Cornelis Franz
ContributorsStellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Curriculum Studies.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format117 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0028 seconds