Return to search

Investigation into factors influencing nursing values in South Africa

Thesis (MCur)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: Nursing is influenced by the values of each nurse (Mellish & Paton, 1999: 6). Values form an
integral part of human reality; they predict thoughts, feelings, actions and perceptions. Nursing
in South Africa, is defined as a "caring profession” (Act No. 33 of 2005) and forms a subculture
of the South African population, with nurses coming from different cultural and ethnic groups,
being of various ages and both genders. It was identified that a need exists to understand
nursing values and the factors influencing these values. Consequently, together with the lack
of research data regarding values in South Africa and the factors influencing them, the
importance to do an investigation into the factors influencing nursing values was identified.
The aim was to do an in-depth study into the factors influencing nursing values of nurses
working in nursing facilities in the Paarl district employed by the Provincial Administration of the
Western Cape, in the West Coast Winelands Region of the Western Cape. The objectives were
to determine the main reason for entering the nursing profession for nurses working in these
facilities; to identify the most important part of nursing practice; to identify the core nursing
values; to determine the factors influencing nursing values and the factors influencing nursing
care.
A quantitative research design using a descriptive, explorative survey was conducted. The
population included the three categories of nurses, with a total population of 470 nurses (N =
470). Research questionnaires were distributed to 388 participants working on the days of data
collection in all nursing departments, excluded nurses not permanently employed by the
Provincial Administration Western Cape, including nursing agency staff, students doing practica
and personnel on leave. The return rate was 60.56% (n = 235). The questionnaire was based
on a literature review and the objectives, and a pilot test ensured reliability and validity. The
results of the pilot study (n =10) were included in the findings, leading to 245 respondents (n =
245) being included in the main study. The questionnaire consisted of four sections and was
validated by an expert in nursing science and research methodology, a biostatistician, a quality
assurance manager and ethical committees. Four open-ended questions were included to
provide richer and more diverse data.
Only the researcher was involved in data collection that took place during day and night duty.
Descriptive statistics and appropriate inferential statistical tests were used in analysing the data. Ethical approval was obtained. Anonymity and confidentiality of respondents were observed
and written consent was obtained from respondents.
It was identified that nurses enter the nursing profession due to altruism and the most important
part of nursing encompasses caring. Differences in values important for behaviour of a nurse,
patient care and ethical decision making were identified. Findings depicted that age, years of
experience, qualification obtained, job description and department influence different values.
Results identified that political and social factors, as well as motivation influence nursing
practice. Recommendations include setting a clear value structure for nursing in South Africa;
attention to the evaluation of staff performance and management; enhancing motivation of staff
and the development of a management-for-nurse strategy. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Verpleging word beïnvloed deur die waardes van elke verpleegster (Mellish & Paton, 1999:6).
Waardes vorm ’n integrerende deel van die menslike realiteit, dit voorspel gedagtes, gevoelens,
handelinge en gewaarwordinge. Verpleging in Suid-Afrika word gedefinieer as ’n
versorgingsberoep (Wet No. 33 van 2005) en vorm ’n subkultuur van die Suid-Afrikaanse
bevolking, met verpleegsters van verskillende kulturele en etniese groepe wat verskeie
ouderdomme en albei geslagte insluit. Dit is geïdentifiseer dat ’n behoefte bestaan om
verplegingswaardes en die faktore wat hierdie waardes beïnvloed, te verstaan. Gevolglik,
gesamentlik met die gebrek aan navorsingsdata aangaande verpleegwaardes en die faktore
wat dit beïnvloed, in Suid-Afrika, is die belangrikheid geïdentifiseer om ’n ondersoek te doen
aangaande die faktore wat verpleegwaardes beïnvloed.
Die doel was om ’n dieptestudie te doen van die faktore wat die verpleegwaardes van
verpleegsters beïnvloed wat in verpleeg instansies in die Paarl-distrik werk in diens van die
Provinsiale Administrasie van die Wes-Kaap, in die Weskus Wynlandstreek van die Wes-Kaap.
Die doelwitte was om die hoofrede te bepaal waarom verpleegsters wat in hierdie fasiliteite werk
die verpleegberoep betree het; om die belangrikste aspek van die verpleegpraktyk te
identifiseer; die kern verplegingswaardes te identifiseer; en die faktore te bepaal wat
verplegingswaardes en verpleegsorg beïnvloed.
’n Kwantitatiewe navorsingsontwerp is toegepas deur van ’n beskrywende, ondersoekende
opname gebruik te maak. Die bevolking het die drie kategorieë van verpleegsters ingesluit, met
’n totale bevolking van 470 verpleegsters (N=470). Navorsingsvraelyste is versprei aan 388
deelnemers wat op die dae van data-insameling gewerk het in die verpleegdepartemente en het
verpleegsters uitgesluit wat nie permanent indiens was van die Provinsiale Administrasie van
die Wes-Kaap, asook verpleegagentskap personeel, studente wat praktika verrig en personeel
op verlof. Die terugkeerkoers was 60.56% (n=235). Die vraelys was gebaseer op ’n
literatuurstudie en die doelwitte van die studie, ’n loodsstudie het betroubaarheid en geldigheid
verseker. Die resultate van die loodsstudie (n=10) is ingesluit in die bevindinge, wat gelei tot
245 respondente (n=245) in die hoof studie. Die vraelys het bestaan uit vier afdelings en is
geldig verklaar deur ’n spesialis op die gebied van verpleegkunde en navorsingsmetodologie, ’n biostatistikus, ’n kwaliteitversekeringsbestuurder en etiese komitees. Vier oop-vrae is ingesluit
om omvattende en meer uiteenlopende data te voorsien.
Slegs die navorser was betrokke by data-insameling wat gedurende dag en nag skofte
plaasgevind het. Beskrywende statistiek en geskikte afleibare statistiese toetse is gebruik in die
analisering van die data. Etiese goedkeuring is verkry. Anonimiteit en vertroulikheid van
respondente is behou en geskrewe toestemming is verkry van respondente.
Bevindinge het getoon dat verpleegsters die verpleegberoep betree weens hul onbaatsugtigheid
en dat die belangrikste aspek van verpleging versorging is. Verskille in waardes wat belangrik
is vir die gedrag van ’n verpleegster/verpleër, pasiënt versorging en etiese besluitneming is
geïdentifiseer. Daar is bevind dat ouderdom, ondervinding in jare, kwalifikasies behaal,
posbeskrywing en die departement verskillende waardes beïnvloed. Resultate het bewys dat
politieke en sosiale faktore, asook motivering verpleegpraktyk beïnvloed. Aanbevelings sluit die
daarstelling van ’n duidelike struktuur van verpleegwaardes in Suid-Afrika; die nodigheid vir
aandag aan die evaluering van personeelprestasie en -bestuur; die verheffing van
personeelmotivering en die ontwikkeling van ’n bestuur-vir-verpleegster strategie.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/20001
Date03 1900
CreatorsVan Schalkwyk, Talita
ContributorsPaterson, L. A., Stellenbosch University. Faculty of Health Sciences. Dept. of Interdisciplinary Health Sciences. Nursing Science.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format187 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0026 seconds