Return to search

Die bepaling van standaarde vir 'n omvattende opvolgdiens aan onkologiepasiente op die Wes-Kaapse platteland

Thesis (MCur)--Stellenbosch University, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: Against the background of the approach to make the follow up care to oncology
patients more accessible and with the emphasis on quality care, it was indicated
that this service needs to be evaluated.
A study based on a combination of qualitative and quantitative methods (also
called triangulation) was conducted to formulate structure, process and outcome
standards for a comprehensive follow up care for the oncology patients and to
evaluate this service according these standards.
The most important results are:
• The quality of care relating to the structure standards was optimal
regarding the organization of the patient's visits, follow up treatment and
referrals. A suboptimal standard was found regarding the general
management system.
• In the process standards focusing on the physical and psychosocial needs
of the patient, a suboptimal standard was found regarding all aspects.
Nursing practice leading to subobtimal care of patients is a major cause
for concern.
• With the outcome standards reflecting in patient satisfaction, positive as
well as negative opinions and perceptions were found.
Recommendations include:
• Upgrading of management systems
• Empowerment of the nurses with knowledge and scientific competencies
• Attention to the opinions and perceptions of the patients to completely
involve the patient in the service and treatment process.
Keywords: Oncology follow up service I formulation of structure, process and
outcome standards. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Teen die agtergrond van die benadering om opvolgdienste meer
toegangklik te maak vir onkologiese pasiënte, met die beklemtoning van
gehaltesorg, is dit aangedui dat hierdie diens geëvalueer moes word.
'n Studie gebaseer op 'n kombinasie van kwalitatiewe en kwantitatiewe
metodes (genoem triangulasie) is uitgevoer om struktuur, proses en
uitkomsstandaarde vir 'n omvattende opvolgdiens aan onkologiepasiënte
te formuleer en die diens aan die hand daarvan te evalueer.
Die belangrikste resultate is:
• Die gehalte van sorg wat verband hou met die struktuurstandaarde
was net optimaal ten opsigte van die organisasie van die pasiënt se
besoeke, opvolgbehandeling en verwysings. 'n Suboptimale
standaard is gevind ten opsigte van die algemene bestuurstelsel.
• In die prosesstandaarde wat fokus op die fisiese en psigososiale
behoeftes van die pasiënt, is 'n suboptimale standaard in alle
aspekte gevind. Verpleegpraktyk wat lei tot suboptimale sorg van
pasiënte is 'n groot bron van kommer.
• Met die uitkomsstandaarde wat reflekteer in pasiënttevredenheid is
positiewe maar ook negatiewe opinies en persepsies gevind.
Aanbevelings sluit in:
• Verbetering van bestuurstelsels
• Bemagtiging van die verpleegkundige met kennis en wetenskaplike
vaardighede
• Aandag aan pasiënte se opinies en persepsies ten einde die pasiënt
ten volle te betrek by die hele diens en behandelingsproses.
Sleutelwoorde : Onkologiese opvolgdiens / formulering van
struktuurproses en uitkomsstandaarde.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/51693
Date12 1900
CreatorsBimray, Portia Benita
ContributorsWelmann, E. B., Stellenbosch University. Faculty of Medicine and Health Sciences. Dept. of Nursing Science.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format174 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0022 seconds