Return to search

Postmodernistiese elemente in enkele dramas van Pieter Fourie

In hierdie studie is gepoog om enkele prominente postmodernistiese
elemente in drie dramas van Pieter Fourie na te gaan en die doel was
nie om 'n teoretiese ondersoek of waardering van die postmodernisme
as denkmodus te onderneem nie.
In hoofstuk een is enkele elemente van die postmodernistiese
denkmodus ondersoek met as uitgangspunt verskeie teoretici se
standpunte. Pieter Fourie se oeuvre is kursories ontleed en die
drie dramas Ek, Anna van Wyk, Die koggelaar en Donderdag se mense is
geidentifiseer as die tekste wat aan die hand van die genoemde
postmodernistiese elemente ontleed sal word.
Ek. Anna van Wyk is in hoofstuk twee in meer besonderhede bestudeer
veral ten opsigte van die meervlakkige/meerduidige aanbieding van
die stof asook die speL met fiksionaliteit en realiteit. Die
opvoeringsopset, wat 'n integrerende deel van die teks vorm, bied
sowel boeiende kykstofjleesstof as 'n uitdaging ten opsigte van 'n
ontleding vanuit 'n postmodernistiese perspektief.
Die aanbiedingswyse van Die koggelaar sluit nou aan by Ek. Anna van
Wyk en in hoofstuk drie is die drama veral ten opsigte van die
tegniek van representasies ontleed. Die tegniek is gebruik om die geskiedenis te bevraagteken deur bepaalde Afrikanerwaardes en
-tradisies te relativeer.
In hoofstuk vier is die laaste drama in die trilogie ondersoek.
Ooreenkomste asook verskille tussen Donderdag se mense aan die een
kant en Ek, Anna van Wyk en Die koggelaar aan die ander kant is
uitgelig. Die studie van die drama het ook 'n waardebepaling ten
opsigte van geslaagdheid al dan nie as literere teks, veral vanuit
'n postmodernistiese denkraamwerk, moontlik gemaak.
Ten besluite is daar in hoofstuk vyf gepoog om bepaalde
gevolgtrekkings te maak aan die hand van die bevindinge van die
studiestuk. Hoewel die drie dramas nie sander meer as
postmodernisties getipeer kan word nie, vertoon al drie sowel wat
vorm as inhoud betref, 'n sterk postmodernistiese inslag. Tipies
postmodernistiese tekste wil anti- interpretatief wees, maar Fourie
se bantering van sy materiaal laat blyk dat 'n vertolking tog
wenslik is ten einde die teenstrydighede in die Afrikaner se geslote
sosiaal-politieke en religieuse waardestelsels te ontmaskerHoewel die drie dramas nie in alle opsigte slaag nie, slaag dit tog
as belangrike stemme gerig juis aan die blanke Afrikaner binne veral
die Suid-Afrikaanse politieke konteks. Noodsaaklike en in sommige
opsigte selfs profetiese vrae is gevra op die vooraand van 'n era
waarin die Afrikaner met 'n nuwe eerlikheid en onbevangenheid
selfkritiek begin toepas het ten opsigte van sy geskiedenis,
tradisie en waardes.. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1992. / gm2014 / Afrikaans / unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/40198
Date January 1992
CreatorsJooste, Margaretha
ContributorsPretorius, C.E.
PublisherUniversity of Pretoria
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Rights© 1992 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.

Page generated in 0.002 seconds