Return to search

Factors that may obstruct proper project management functioning at the Epping branch, Cape Town, of African Oxygen Limited (Afrox)

Thesis (MBA (Business Management))--Stellenbosch University, 2008. / ENGLISH ABSTRACT: This research study report takes place in a business setting, namely the new system
implementation for consignment distributors supplied by the Epping branch of Afrox.
Various signs of problems within the management of this project were observed, and
this has led to research into those factors that may be obstructing proper project
management at Epping, Afrox. The aim of the study is to gain understanding of these
factors and to provide recommendations to the decision-makers in the organization.
The author draws on a stream of research in order to identify those factors that in
theory inhibit proper project management. Fourteen factors were identified, namely,
business strategy; performance management system; communication; continuous
improvement; customer focus; leadership; monitoring, control and measurement;
motivation; organizational behaviour; risks; resources; skills; specifications and
teamwork. These factors form the basis for the development of a structured
questionnaire, and responses were received from a sample of employees in various
departments at the Epping branch. The numeric data from the responses was analyzed through the descriptive statistical technique of describing the population proportion.
The findings from the empirical study reveal that none of the factors identified and
tested to be statically significant in obstructing proper project management. The
overwhelming success of engineering projects and other information technology projects may have influenced the results. However, pressures may exist in the project management areas of performance management, continuous improvement,
organizational behaviour and skills, as these factors received the least favourable
responses from the sample group.
It is concluded that opportunities exist, based on this primary research study, for
further and more in-depth research. Recommendations are made to repeat the study
by delimiting the population to only those employees assigned to and stakeholders
affected by the consignment distributor new system roll out. Alternatively, a
recommendation is made to conduct further research into those areas that may be
under pressure in project management by means of personal interviews or through a second empirical survey focused on performance management, continuous improvement, organizational behaviour and skills. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studieverslag het betrekking op ’n sake-omgewing, te wete die nuwe
stelselimplementering vir vragverspreiders soos verskaf deur Afrox se Epping-tak.
Daar is talle tekens waargeneem van probleme met die bestuur van hierdie projek,
wat gelei het tot ’n ondersoek na die faktore wat behoorlike projekbestuur by Afrox se
Epping-tak moontlik kniehalter. Die doel van die navorsing is om hierdie faktore te
ondersoek en om voorstelle vir oplossings te doen aan die besluitnemers binne die
organisasie.
Die outeur maak gebruik van ’n stroom navorsing ter identifisering van daardie
faktore wat behoorlike projekbestuur teoreties inhibeer. Veertien faktore is
geïdentifiseer, te wete: sakestrategie; prestasiebestuurstelsel; kommunikasie;
voortdurende vordering; klantefokus; leierskap; monitering, beheer en meting;
motivering; organisatoriese gedrag; risiko’s; hulpbronne; vaardighede; spesifikasies;
en spanwerk. Hierdie faktore vorm die basis van die ontwikkeling van ’n
gestruktureerde vraelys, en antwoorde is verkry van ’n toetsgroep van werknemers in
verskeie afdelings by die Epping-tak. Die numeriese data van die response is ontleed
met behulp van die deskriptiewe statistiese tegniek van beskrywing van die
toetsbevolking.
Die bevindings van die empiriese studie toon dat geeneen van die geïdentifiseerde
en getoetste faktore statisties betekenisvol is in die belemmering van behoorlike
projekbestuur nie. Die oorweldigende sukses van ingenieursprojekte en ander
inligtingstegnologieprojekte kon dalk die uitslae beïnvloed het. Nietemin, daar mag
dalk drukpunte bestaan in die projekbestuursareas van prestasiebestuur,
voortdurende vordering, organisatoriese gedrag en vaardighede – siende dat hierdie
faktore die mins gunstige respons by die toetsgroep ontlok het.
Die gevolgtrekking, gebaseer op hierdie inleidende navorsingstudie, is dat daar
geleentheid bestaan vir verdere en meer deurtastende navorsing. Dit is aan te bevele
dat die studie herhaal word deur die toetsbevolking te beperk tot slegs daardie
werknemers en belanghouers wat deur die nuwe vragverspreidingstelsel se inwerkingstelling geraak word. As alternatief word die voorstel gedoen dat verdere navorsing oor daardie areas van projekbestuur wat moontlik druk ervaar deur middel van persoonlike onderhoude gedoen word, of deur ’n tweede empiriese opname wat gefokus is op prestasiebestuur, voortdurende vordering, organisatoriese gedrag en vaardighede.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/845
Date03 1900
CreatorsBrand, Sharon Lee
ContributorsBotha, M. C., Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Graduate School of Business.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0027 seconds