Return to search

Alternatiewe vonnisse en rehabilitasie : 'n penologiese studie

Text in Afrikaans / Gevangenis oorbevolking is ʼn probleem waarmee die Suid-Afrikaanse korrektiewe stelsel reeds vir baie jare worstel. Suid-Afrika is een van die lande met die hoogste gevangenis bevolking in die wêreld. Een van die grootste probleme wat tot die situasie bydra, is die aantal oortreders wat nie in staat is om borg te betaal nie. ʼn Ander probleem is die aantal verhoorafwagtendes wat in aanhouding is. Die Suid-Afrikaanse Witskrif van die Departement van Korrektiewe Dienste, is vasberade om die rehabilitering van die oortreder te bevorder. Die fokus van die studie wentel om die rehabilitasie van die oortreder en die vraag of hierdie doelwit binne die korrektiewe stelsel haalbaar is. Heelwat klem word op die noodsaaklikheid van alternatiewe vonnisse geplaas asook rehabilitasie as strafoogmerk tydens vonnisoplegging. Dit is die navorser se mening dat die korrektiewe stelsel nie die geskikste plek is vir die rehabilitering van die oortreder nie. / Criminology / D. Litt. et Phil. (Penology)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/2963
Date06 1900
CreatorsLambrechts, Gideon Albertus Jacobus
ContributorsCilliers, C. H.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (x, 289, xv leaves)

Page generated in 0.0024 seconds