Return to search

The role of early childhood development centres in promoting socio-economic development in rural communities

M.A. / Die rol van vroeë kinderontwikkeling in die bevordering van sosio-ekonomiese ontwikkeling in landelike gebiede is ‘n navorsingsprojek wat in Nongoma, Noordelike Kwa Zulu-Natal uitgevoer is. Die doel van die projek was om die rol wat deur vroeë kinderontwikkelingsentra (creches) gespeel is in die bevordering van gemeenskapsontwikkeling in landelike gebiede te verken. ‘n Kwalitatiewe ontwerp is gebruik om data van respondente in te win. Die data is ingewin van deelnemers in die vroeë kinderontwikelingsentra deur middel van ‘n onderhoudskedule. Onderhoude is deur middel van oudiobande opgeneem en later op papier getranskribeer. Temas is uit die data wat deur die respondente verskaf is, ontwikkel. Die steekproef is uit dertien crechebestuurders, twaalf vrouens uit armoedige ontwikkelingsverligtingsprojekte, een raadslid en twee lede van gemeenskapsbaseerde organisasies, saamgestel. Die doelwitte van die ondersoek is: • Om die verskeie rolspelers in vroeë kinderontwikkeling te identifiseer • Om die sosio-ekonomiese belangrikheid van vroeë kinderleidingsentra in Nongoma te ondersoek • Om die uitdagings wat die verskaffers van vroeë kinderleidingsdienste in Nongoma konfronteer, te beskryf • Om die verhouding tussen vroeë kinderleidingsdienste en gemeenskapsontwikkeling te ontleed Die ondersoek het rolspelers (staatsdepartemente, burgerlike samelewing en die private sektor) geidentifiseer en het die rol wat deur elke rolspeler uitgevoer is omskryf. Dit het ook gapings in dienslewering geidentifiseer. Dit het die opvoedkundige, gesondheids-, maatskaplike, ekonomiese en sielkundige belangrikheid van creches uitgelig. Dit het die belangrikheid van vroeë kinderontwikkelingsentra in vrouens se maatskaplike ontwikkeling uitgestip. Dit het ook ‘n begrip van “plaaslike ontwikkeling met ‘n kindersorg fokus” ontwikkel. Aanbevelings ten opsigte van wat maatskaplike werkers kan doen om plaaslike ontwikkeling met ‘n kindersorgfokus te bevorder, is gemaak. / Prof. W. A. Mitchell

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:12770
Date20 October 2008
CreatorsMtshali, Adolphas K.
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.002 seconds