Return to search

Ondersteuning aan ouers met verstandelik vertraagde kinders

M.Cur. (Psychiatric Mental Health Nursing) / Die doel van hierdie studie is om te bepaal of ondersteuningsgroepe aan ouers met verstandelik vertraagde kinders 'n positiewe uitwerking het op die ouers se funksionering binne die gesin. 'n Eksperimentele ondersoek is gedoen met tien gesinne wat voldoen het aan kriteria vir seleksie. Hierdie tien gesinne het bestaan uit vier enkelouergesinne en ses twee-ouergesinne. Hierdie proefpersone moes ten minste een verstandelik vertraagde kind op skool he, met ander woorde, hy/sy moes opleibaar wees; hulle moes binne die Potchefstroomse woongebied en/of distrik woonagtig wees en hulle moes skriftelik toestemming gee tot vrywillige bywoning van die ondersteuningsgroepe wat aangebied is. Alle proefpersone is deur middel van gestratifiseerde steekproefneming ewekansig getrek en in 'n eksperimentele groep van agt ouers, en 'n kontrolegroep van agt ouers, geplaas. Die eksperimentele groep het agt sessies ondersteuningsgroepe ontvang waar doelstellings en verwagtings deur die ouers met verstandelik vertraagde kinders, opgestel is met leiding deur die groepsleier. Die sessies het tweemaal per week vir vier weke lank geskied. Die kontrolegroep het 'n inligtingstuk oor ondersteuning ontvang wat self deurgewerk moes word oor ~ tydperk van vier weke om die Hawthorne-effek te minimiseer. Onverstaanbare terminologie is deur die navorser verduidelik.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:8005
Date04 February 2014
CreatorsGiliomee, Elsa
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Johannesburg

Page generated in 0.0016 seconds