Return to search

Die effek van 'n sielkundige inoefeningsprogram op die setwerk van top amateur-gholfspelers

Thesis (MA)--Universiteit van Stellenbosch, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: The goal of this research is to establish the effect of a hypnosis programme,
based on the cognitive behavioural-hypnotherapeutical model (Araoz, 1985),
on amateur golfers with a handicap of less than five in tournament golf. A
secondary goal is to establish whether the programme had an effect on their
general golfing attitude towards competing in tournament golf.
In this research the focus is specifically on "putting", because it plays an
important role in tournament golf. It is a part of the game for which there is
no prescribed technique, but which involves heightened concentration, and
therefore psychological preparation is of optimal importance. The
importance of psychological programmes to enhance performance is
confirmed by literature.
The participants were golfers with a handicap of less than five, and they took
part in this research voluntarily. The group was split into an experimental
and control group on an equal basis. Both groups took part in the same five
tournaments prior to and following the intervention. The intervention
consisted of a mental training programme and was supplemented by
interviews, which were held with the experimental group before and after the
programme to ascertain if it had an effect on their putting performances. The
averages of their scores before and after the programme were measuredand
then compared with those of the control group. The results of the
comparison between the two groups indicated a significant difference
between the groups regarding their putting stroke averages. The results of
the control group scores indicated no discernable difference between the
scores. The interviews confirmed this effect and showed the positive
influence of a mental training programme on the general golfing ability and
attitude towards tournament golf, on the experimental group. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van die ondersoek is om die effek van 'n sielkundige
inoefeningsprogram, gebaseer op die kognitiewe gedragshipnoterapeutiese
model van Araoz (1985),op amateur-gholfspelers met 'n voorgee van minder
as vyf in toernooigholf vas te stel. 'n Newe-doelstelling sal wees om vas te
stelof algemene gholfgedrag en ingesteldheid teenoor kompeterende
toernooigholf gewysig is, al dan nie.
In die ondersoek word spesifiek op die setwerk van gholfspelers gefokus
omdat dit 'n beduidende rol in toernooigholf speel. Setwerk is 'n aspek van
die spel wat baie konsentrasie verg, en omdat daar geen spesifieke tegniek
voorgeskryf word nie, is sielkundige voorbereiding noodsaaklik. Die
belangrikheid van sielkundige programme om sportprestasie te verbeter,
word deur die literatuur bevestig.
Die proefpersone wat aan die ondersoek deelgeneem het, het bestaan uit 'n
vrywillige groep ghOlfspelers met 'n voorgee van minder as vyf. Die
ondersoekgroep is op 'n ewekansige wyse in 'n eksperimentele en 'n
kontrolegroep verdeel.
Beide groepe het aan dieselfde toernooie voor en na die intervensie
deelgeneem. Die eksperimentele groep is aan die sielkundige
inoefeningsprogram blootgestel. Daar is voor- en na-onderhoude met die
eksperimentele groep gevoer om vas te stelof die program 'n effek op hulle
spel of gedrag gehad het. Die voor- en na-toetsgemiddeldes van die
eksperimentele groep (blootgestel aan 'n sielkundige inoefeningsprogram) en kontrolegroep (geen inwerking van 'n onafhanklike veranderlike nie) is
met mekaar vergelyk.
Na die ingreep het dit geblyk dat die eksperimentele groep nie 'n beduidende
verbetering ten opsigte van setwerk getoon het nie. Waar die resultate van
die eksperimentele groep met die kontrolegroep vergelyk is, is 'n
betekenisvolle verskil tussen die twee groepe gevind. By die kontrolegroep
is daar geen beduidende resultate ten opsigte van enige veranderlike gevind
nie. Uit die onderhoude het dit geblyk dat die sielkundige
inoefeningsprogram 'n beduidende wysiging in die algemene gholfgedrag en
ingesteldheid van die eksperimentele groep teenoor kompeterende gholf tot
gevolg gehad het.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/51696
Date12 1900
CreatorsBotha, Jan Adriaan Jacobus
ContributorsDe Vos, H. M., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Psychology.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format44 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0018 seconds