Text in Afrikaans / Summaries in Afrikaans and English / 'n Sentrale tema van strategiese bestuur is dat ondememings voortdurend moet pas by hulle snelveranderende eksteme omgewings. Die eksteme omgewing van SuidAfrikaanse
ondememings ondergaan tans verreikende veranderings. Die sukses van hierdie ondememings word nie alleen bemvloed deur die kompeterendheid van 'n toenemend gemtemasionaliseerde markomgewing nie, maar veral ook deur die eise wat gestel word deur die nuwe politieke bestel in Suid-Afrika. Die Regering van
Nasionale Eenheid is verbind tot die daarstelling van 'n mensgesentreerde gemeenskap. Nuwe arbeidswetgewing wat vakbonde bemagtig word in 1996 van krag en
belangrike bestuursuitdagings wat verband hou met die "menslik:e dimensie" van ondernemingsbestuur spruit voort uit hierdie veranderende omgewing. Ten einde Suid-Afrikaanse ondememings onder hierdie omstandighede strategies te bestuur,
moet strategiese bestuursbesluite geneem word oor die diensverhouding. Dit impliseer die behoefte aan 'n strategiese be adering tot menslik:ehulpbron- en arbeidsverhoudingebestuur
binne ondememingsverband. In hierdie ondersoek word aspekte van algemene en strategiese bestuur toegepas op die "menslik:e dimensie" van ondememingsbestuur. Die fokus is op langtermynbesluite en -aksies insake beplanning, organisering, leiding en beheeruitoefening ten opsigte van aspekte wat verband hou met die diensverhouding. Die noodsaaklik:heid van vertikale en horisontale integrasie by die bestuur van die diensverhouding
word beklemtoon. Laasgenoemde dui op die noodsaaklik:heid om die individuele en kollektiewe dimensies van diensverhoudingebestuur, oftewel menslik:ehulpbronen
arbeidsverhoudingebestuur, te integreer. Vertikale integrasie verwys na menslik: ehulpbron- en arbeidsverhoudingebestuur wat 'n integrale deel van algemene bestuur
behoort te wees. Die resultate van 'n tweeledige empiriese ondersoek word gemtegreer met 'n literatuurstudie
om 'n bestuurswetenskaplik:e raamwerk daar te stel wat die proses van strategiese diensverhoudingebestuur konseptualiseer. 'n Matriks word ook ontwerp wat bestuursbesluitneming oor die inhoud van diensverhoudingestrategie kan fasiliteer. Gevolgtrekkings en aanbevelings word ook gemaak oor die praktyk van strategiese
diensverhoudingebestuur by Telkom SA Bpk en by groot Suid-Afrikaanse mynbouen vervaardigingsondememings, sowel as oor navorsing en ond~rrig ten opsigte van hierdie onderwerp van Sakebestuur ( oftewel Bedryfsekonomie, Ondernemingsbestuur
of Bestuurswese ). / A central theme of strategic management is that organisations should constantly match or fit their fast-changing external environments. The external environment of South African organisations is currently undergoing far-reaching changes. The success of these organisations is not only influenced by the competitiveness of an
increasingly internationalised market environment, but especially by the demands resulting from the new political dispensation in the country. The Government of National Unity is committed to establish a people-centred society. New labour legislation which empowers trade unions will be in force in 1996. Important challenges
regarding the "human dimension" of management stem from this changing environment. In order to manage South African organisations strategically under these circumstances it is necessary to make strategic management decisions regarding
the employment relationship. This implies the need for a strategic approach to human resource and labour relations management within organisational context. In this investigation aspects of general and strategic management are applied to the
"human dimension" of management. The focus is on long-term decisions and actions regarding the planning, organising, leading and control of aspects relating to the employment relationship. The importance of vertical and horizontal integration in the management of the employment relationship is emphasised. The latter refers
to the necessity of integrating the individual and collective dimensions of employment relations management, in other words the integration of human resource and labour relations management. Vertical integration relates to human resource and
labour relations management which ought to be an integral part of general management. The results of a dual empirical investigation are integrated with a literature survey to devise a managerial framework that conceptualises the process of strategic employment relations management. A matrix is also devised that can facilitate management decision making regarding the content of employment relations strategy. Conclusions and recommendations are also made regarding strategic employment relations management practice at Telkom SA Ltd and large South African mining and manufacturing organisations, as well as regarding research and tuition mrespect of this topic of Business Management (or Business Economics). / Economic & Management Sciences / D.Com.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/16152 |
Date | 10 1900 |
Creators | Swanepoel, Ben |
Contributors | Erasmus, B.J., Nel, P.S. |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 1 online resource (various pagings) |
Page generated in 0.002 seconds