Return to search

Lineêre plantegroeipatroon in die Warmbadgebied, Noordelike Provinsie

Text in Afrikaans, abstract in Afrikaans and English / Lineere plantegroeipatrone bestaande uit afwisselende grasryke mikrotrog- en boomryke- kruinbane
wat parallel met die helling georienteer is, kom voor op die voetbang van die Baviaansberg, in die
Warmbadgebied, Noordelike Provinsie. Die hoofdoelwitte van die studie was om uit 'n
landskapekologiese benadering die verskynsel te probeer verklaar, om die vertikale en horisontale
variasie van eienskappe te kwantifiseer en om die impak van die mens daarop te benadruk. Die
differensiasie in die Tukulu- en Etoshagrondvorms in onderskeidelik mikrotroe en -kruine is die
gevolg van grondprosesse soos illuviasie van klei, loging en ferrolise.Granulometriese analise dui
daarop dat die moedermateriaal van gronde van een bron afkomstig is. Kolluviasie en afsetting van
moedermateriaal op die voethang was waarskynlik die beginpunt van landskapontwikkeling waar
verdeelde oppervlakvloei van water oenskynlik die mikrostrukture geinisieer het. Na aanleiding
hiervan het die ontwikkeling van grondverskille en waterregimeverskille tot plantegroeiverskille gelei. Faktore wat die patroon geaksentueer het is termietaktiwiteite, brand en beweiding. / A linear vegetation pattern consists of alternating grassland micro troughs and woody micro crests
lanes which were orientated parallel to the slope occurred on the foot slope of the Baviaansberg, in
the Warmbaths area, Northern Province. From a landscape ecological approach the principal aims of
the study was to explain the phenomenon, to quantify the vertical and horizontal variation of features
and to accent the impact of man on it. The differentiation in Tukulu and Etosha forms in micro
troughs and micro crests respectively were the effect of several soil processes. Granulometric analyses
showed that the parent material of soil was derived from one source. Colluviation and deposit of
parent material was probably the starting-point of landscape development where the divided surface
flow of water apparently initiated the micro structures. As a result of this the development of soil and water regime differences lead to vegetation differences. / Geography / M. Sc. (Geografie)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/18062
Date11 1900
CreatorsBarnard, Janine Jacqueline
ContributorsVerster, E., Van Rooyen, T. H. (Theodorus Hermanus), 1938-
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (vii, 189 leaves)

Page generated in 0.0018 seconds