Return to search

Hans Lodeizen en die romantiek

Hans Lodeizen is reeds in 1950 oorlede en alhoewel sy bundel Het lnnerlijk behang reeds meer herdrukke beleef het as enige bundel van bekender Vyftigers soos Remco Campert en Hans Andreus, het daar tot dusver sIegs twee krltiese studies en verder korter artikels oor sy digkuns verskyn. Heelwat kritici wys ook op die romantiese trekke in sy digkuns, maar soos bevestig deur De Rover, is daar nog nie aandag gegee aan wat hierdie "romantiek" dan werklik behels nie. As 'n mens die gedigte van Hans Lodeizen en die kritiese werke daaroor lees, word dit gou duidelik dat daar oënskynlik sterk romantiese trekke in sy digkuns aanwesig is, maar dat dit tog nie suiwer romantiek is nle. Soos Rodenko dit uitdruk: "hij is geen romanticus-uit-één-stuk, maar een gebroken romanticus." Deur twee kritici, nl. Stuiveling en Cartens word hy onderskeidelik egter as ekspressionis en surrealis bestempel. Wanneer ons verder in aanmerking neem dat Lodeizen algemeen aanvaar word as die voorloper, of as lid van die Vyftigers wat skerp van die Romantiek verskil, ontstaan die vraag of dit geregverdig is om Lodeizen as 'n "gebroke" of wat-dan-ook-al romantikus te beskou. Die doel van hierdie tesis is dan om na te gean in hoeverre daar weI sprake van romantiese nalewing in sy digkuns is en of dit net nawerking is. In aansluiting by Ziolkowski sal ons van nalewing praat wanneer 'n sekere gegewe, wat ons op grond van die ontleding van die Romantiek in die eerste hoofstuk as "romanties" ervaar, uit die gees van 'n moderne werk spruit. As nawerking beskou ons dan daardie gevalle waar dit duidelik is, dat ons met 'n teksgedeelte oneie aan die gees van die res van die teks te make het, wat nie op die selfde tydsvlak bestaan nie as die teks waarin dit ingebed is. Aangesien nalewing georiënteer is op die ideologiese inhoud van 'n algemene geesteshouding soos dit in die literêre denke tot uitdrukking kom, moet daar eers vasgestel word of daar wel so 'n gedagtekompleks by verskillende Romantiese digters aan te toon is, want slegs enkele, losstaande elemente vorm nog geensins 'n geesteshoudlng of styl nie. Dit is dan die doel van die volgende hoofstuk, terwyl die daaropvolgende hoofstukke sal probeer vasstel of die hoofkenmerke van die tipologiese romantiek wel in die werk van Hans Lodeizen aanwesig is.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:rhodes/vital:3565
Date January 1980
CreatorsVan der Berg, D Z
PublisherRhodes University, Faculty of Humanities, School of Languages
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis, Masters, MA
Format114 leaves, pdf
RightsVan der Berg, D Z

Page generated in 0.0015 seconds