Return to search

'n Ondersoek na aspekte van die verhouding tussen betrokkenheid en universaliteit in die literatuur

Voorwoord: In die loop van hierdie studie word dit op enkele plekke duidelik gestel dat die littérature engagée nie beperk is tot die engere "politiek" nie, en dat 'n teks met 'n religieuse tema of 'n teks waarin maatskaplike wantoestande aan die lig gebring word, ook engagé kan wees. Die politiek laat hom egter as magsfaktor oor so 'n wye gebied geld dat nuanserings nie altyd moontlik is nie; 'n teks met 'n oorwegend "religieuse tema" kan politieke implikasies hê. Dit bring verder mee dat selfs 'n teks of 'n bundel waarin géén politieke verwysing voorkom nie, na 'n polities-gemotiveerde keuse teruggevoer word. Die kern van die saak is dat 'n teks tot hierdie subgenre gereken kan word slegs wanneer dit minder of meer uitdruklik kontesteer, of die klimaat skep vir kontestering, wat meebring dat 'n imperatief tot verandering in die teks aanwesig moet wees. Hierdie appél tot verandering rig hom in die beduidendste werke van die genre verbý die partypolitiek, rig hom tot die mens wat (met of sonder sy keuse) onderhewig is aan politieke gebeure. Kontestering (verset) impl iseer ook meebelewing, solidariteit en vereenselwiging. Dit is die oogmerk van hierdie studie om na te gaan hoe aspekte van hierdie vereenselwiging die engagement en die universele waarheid as temamoment en selfs as struktuurfaktor in homself kan verenig. Vanweë die omvang van die teoretiese inset van die studie word tekste in hoofsaak eksemplaries gebruik - déégliker struktulrele analises waarin die estetiese steeds sáám met die die maatskaplik-etiese dimensie ondersoek word, verg 'n afsonderlike studie.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:rhodes/vital:3604
Date January 1982
CreatorsWeideman, George, 1947-2008
PublisherRhodes University, Faculty of Humanities, School of Languages
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis, Doctoral, PhD
Format706 leaves, pdf
RightsWeideman, George, 1947-2008

Page generated in 0.0089 seconds