Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: This study investigated the incidence of depression, post-traumatic stress
symptomatology, anger and guilt in a shelter sample of 40 battered women. In addition,
the presence of dysfunctional, evaluative beliefs, as viewed from a Rational-emotive
perspective, was investigated, as well as the relationship between dysfunctional beliefs
and symptoms of psychopathology.
Participants completed the Beck Depression Inventory, Post-traumatic Stress Diagnostic
Scale, Anger Diagnostic Scale, Trauma Related Guilt Inventory and Survey of Personal
Beliefs.
It was found that 63% of the participants showed moderate to severe levels of depression,
while 59% manifested high post-traumatic stress symptomatology. Between 38% and
50% experienced problems with anger whilst 48.5% showed moderate guilt. In general,
these symptoms did not correlate with the age of participants or with the duration or
frequency of abuse, except for anger which was related to a history of childhood sexual
and/or physical abuse.
The results of the Survey of Personal Beliefs indicated that the group displayed Otherand
Self-directed Demands, Awfulizing, Low Frustration-tolerance and Negative Selfworth.
Only Low Frustration-tolerance (underestimation of coping skills) correlated
significantly with levels of depression, anger and guilt. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie het die insidensie van depressie, post-traumatiese stressimptome, woede en
skuldgevoelens in 'n groep van 40 vroulike slagoffers van gesinsgeweld, wat die
huweliksverhouding verlaat het en in 'n skuiling vir mishandelde vroue opgeneem is,
ondersoek. Die disfunksionele, evaluerende kognisies, soos deur die Rasioneel-emotiewe
gedragsterapie gepostuleer, asook die korrelasie tussen hierdie kognisies en die simptome
van psigopatologie, is ook ondersoek. Deelnemers het die Beck Depression Inventory,
Post-traumatic Stress Diagnostic Scale, Anger Diagnostic Scale, Trauma-Related Guilt
Inventory en Survey of Personal Beliefs voltooi.
Die resultate het aangedui dat 63% van die deelnemers matige tot ernstige vlakke van
depressie getoon het, terwyl hoƫ post-traumatiese stressimptomatologie by 59%
voorgekom het. Tussen 38% en 50% het probleme met woede getoon, terwyl matige
skuldgevoelens by 48.5% voorgekom het. Oor die algemeen het hierdie simptome nie
verband getoon met die ouderdom van deelnemers of met die duur of frekwensie van die
mishandeling nie, behalwe die vlak van woede wat 'n verband getoon het met 'n
geskiedenis van kindermolestering.
Tellings op die Survey of Personal Beliefs het aangedui dat die groep die disfunksionele,
evaluerende kognisies van Self- en Ander-gerigte Eise, Katastrofering, Lae Frustrasie -
toleransie en Negatiewe Selfwaarde getoon het. Slegs Lae Frustrasie-toleransie
(onderskatting van hanteringsvaardighede) het beduidend met vlak van depressie, woede
en skuldgevoelens gekorreleer.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52421 |
Date | January 2001 |
Creators | Bean, Jacqueline |
Contributors | Moller, A. T., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Psychology. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 29 p. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0021 seconds