Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis looks at poverty in the Third World and tries per implication to understand how the
economy functions. Finally it suggests solutions for the poverty problem.
The first chapter looks at the definition of poverty and why this subject is important to study. It
also mentions that there are two ways to look at the poverty problem. The first is the structural
thesis and the second the modernisation thesis.
The second chapter looks at what the economy is and how it functions. It is emphasised that the
economy should be considered to be a complex ecosystem and not a mechanical machine.
The third chapter points out that there was a change in focus in the passed 50 years. Now
education and information have become much more important. This change is known as
postmodernism or globalisation and resulted in the decline of the power of the state.
The economic success of countries like the USA, Britain, Japan and Germany is considered in
the fourth chapter. The following factors are considered:
• The geographic location of a region includes phenomena like the rainfall, natural
disasters and mineral wealth.
• Historical factors like colonial oppression and the self image of groups.
• Diseases and nutrition which makes individuals less productive.
• Cultural factors like self-discipline, diligence and an over emphasis of the supernatural
• Property rights
• Communalism and social capital
• State intervention
• Technology which makes it possible to produce more with less
This chapter also looks at how these different factors interact together and makes the functioning
of the complex economic system possible.
In the fifth chapter we look at possible solutions for the poverty problem. It is pointed out that the
“annexation of the means of production” is no solution. The ignoring of the problem is also
rejected as no solution. The renewal of people’s mind is put forward as the solution.
The last chapter has a look at the conclusions of the thesis. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie verhandeling poog om na die armoede in Derde Wêreld lande te kyk en dan per
implikasie te verstaan hoe die ekonomie funksioneer en dan oplossings voor te stel.
Die eerste hoofstuk kyk na wat die definisie van armoede is en hoekom dit belangrik is om na
hierdie probleem te kyk. Dit wys ook daarop dat daar twee maniere is om na die armoede
vraagstuk te kyk, naamlik die strukturele tesis en die modernisasie tesis.
Die tweede hoofstuk kyk na wat die ekonomie is en hoe die ekonomie funksioneer. Daar word
daarop gewys dat die ekonomie as ’n komplekse ekostelsel beskou moet word en nie as ’n
meganistiese masjien nie.
Die derde hoofstuk wys daarop dat daar die afgelope 50 jaar ’n klemverskuiwing in die wêreld
plaasgevind het waar onderwys en inligting baie belangriker geword het. Hierdie tendens word
postmodernisme of globalisering genoem en het onder andere daartoe gelei dat die staat se mag
ingeperk is.
In die vierde hoofstuk word na die ekonomiese sukses van lande soos die VSA, Brittanje, Japan
en Duitsland gekyk. Daar word na die volgende faktore gekyk:
• Die geografiese ligging van ’n gebied omsluit verskynsels soos reënval, natuurlike rampe
en minerale rykdomme
• Historiesefaktore soos koloniale onderdrukking en groepe se selfbeeld
• Siektes en voeding wat mense minder produktief maak
• Kultuurfaktore soos selfdissipline, hardwerkendheid en oorbeklemtoning van die
bonatuurlike
• Eiendomsreg
• Kommunialisme en sosiale kapitaal
• Staatsinmenging
• Tegnologie wat dit moontlik maak om met minder meer te produseer
Daar word ook in hierdie hoofstuk gekyk hoe hierdie verskillende faktore op mekaar inwerk om
saam te werk om die komplekse ekonomiese stelsel te laat funksioneer.
Ons kyk in die vyfde hoofstuk na moontlike oplossings vir die armoede vraagstuk. Daar word
uitgewys dat “die anneksasie van die produksiemiddele en die herverdeling van rykdom” nie die
oplossing is nie. Die ignorering van die probleem word ook afgewys. Die oplossing word
voorgehou as die hernuwing van die denke van mense.
In die laaste hoofstuk word die gevolgtrekking van hierdie verhandeling voorgehou.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/16508 |
Date | 03 1900 |
Creators | Van Deventer, Francois Abraham |
Contributors | Cilliers, Paul, Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Philosophy. Centre for Applied Ethics. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | af_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0024 seconds