Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: The basic purpose of the current study was to provide a means by which both peri-urban
and rural communities could promote sustainability in their communities. The research was,
hence, undertaken with the above-mentioned social purpose in mind, which was to promote
people’s well-being through applying measures that promote social justice and human
empowerment. Such research was necessary in respect of the church’s involvement in
terms of applying ethical and socially transformative measures, particularly within the South
African context, with its increasing levels of unemployment, corruption, poverty, vandalism,
and violent riots.
The research attempted to provide communities, churches and development agents with
measures that they could apply to sustain community development. The study took the form
of reviewing literature, and then of proposing a paradigm shift affirming freedom and
participation as the means by which sustainable outcomes can be achieved. Ideally, such a
shift could contribute to all involved becoming accountable for their actions, due to the fact
that the whole community is then likely to identify itself with the development concerned.
The church’s role in the shift would involve responding to the call to be the voice and the
hand that reveals the whole counsel of God, which it would be able to do by making use of
the contemporary measures put in place for promoting people’s well-being.
The current study affirms that the agents, the government structures and the church should
work together, although they have different agendas. The agenda of the church is for the
glory of God and for the well-being of the people of God, and that of the government and
other agents is the provision of infrastructure, in terms of goods and services. The desire for
such cooperation lies in the awareness that, if anything goes wrong, we all suffer. Therefore,
it is only right that we should all be stewards of what we have as a community, as the roleplayers
in a government, and as a church. However, to achieve all the above, we all need
to be empowered, one by the other, so that we are able to complement one another’s efforts,
by working in harmony with one another. Such mutual empowerment is to be done in the
name of bringing about the well-being of all, and the promotion of a communal form of
participation that encourages poverty alleviation and human dignity.
This study is based on an analysis of the church, as well as of the nature of community
development that has, as its essence, a reliance on the redemptive act of God, which affirms
people's dignity and sense of self-worth. Such a conceptualisation agrees with the proposed
paradigm shift that suggests freedom and participation as being the key principles of our
development. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die hoofdoel van die onderhawige studie was om ’n metode te voorsien waarop
buitestedelike en landelike gemeenskappe hul eie volhoubaarheid kan bevorder. Dus is die
navorsing onderneem met die oog daarop om mense se welstand te verbeter deur
maatreëls aan te wend wat maatskaplike geregtigheid en bemagtiging aanmoedig. Die
navorsing was bepaald nodig wat betref die kerk se betrokkenheid by die toepassing van
etiese en maatskaplike transformasiemaatreëls, veral in Suid-Afrika, wat gebuk gaan onder
toenemende vlakke van werkloosheid, korrupsie, armoede, vandalisme en gewelddadige
protes.
Die navorsing het gemeenskappe, kerke en ontwikkelingsagente probeer toerus met
maatreëls waarmee hulle gemeenskapsontwikkeling kan ondersteun. Die studie bestaan
eerstens uit ’n literatuuroorsig, na aanleiding waarvan ’n paradigmaskuif voorgestel word
wat vryheid en deelname voorhou as instrumente om volhoubare uitkomste te bereik. Ideaal
beskou, behoort so ’n verskuiwing daartoe by te dra dat alle betrokkenes aanspreeklikheid
vir hul optrede aanvaar, aangesien die hele gemeenskap hulle dan waarskynlik met die
tersaaklike ontwikkeling sal kan vereenselwig. Die kerk se rol in hierdie verskuiwing sal wees
om te reageer op die oproep om die stem en hand te wees wat God se volmaakte plan
onthul. Dít sal die kerk bereik deur gebruik te maak van bestaande eietydse maatreëls om
mense se welstand te bevorder.
Die studie bevestig dat agente, staatstrukture en die kerk behoort saam te werk, selfs al
verskil hul agendas. Die kerk se agenda is die verheerliking van God en die welstand van
die mense van God; die regering en ander agente s’n is die voorsiening van infrastruktuur
wat betref goedere en dienste. Die belang van sodanige samewerking lê in die besef dat
indien enigiets sou skeefloop, almal swaarkry. Daarom is dit niks minder as reg nie dat almal
rentmeesters sal wees van wat hulle as ’n gemeenskap, as rolspelers in die regering én as
’n kerk het. Om ál bogenoemde te bereik, moet almal egter bemagtig word – die een deur
die ander – sodat hulle mekaar se pogings kan aanvul deur in eensgesindheid saam te werk.
Sulke onderlinge bemagtiging behoort te geskied om vir almal welstand te verseker en ’n
gemeenskaplike vorm van deelname aan te moedig wat armoedeverligting en
menswaardigheid teweegbring.
Die studie is gegrond op ’n ontleding van die kerk sowel as van gemeenskapsontwikkeling
wat berus op vertroue in die verlossing van God, wat mense se waardigheid en gevoel van selfwaarde bekragtig. Sodanige konseptualisasie strook met die voorgestelde
paradigmaskuif wat vryheid en deelname as die kernbeginsels van menslike ontwikkeling voorhou.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/96035 |
Date | 12 1900 |
Creators | Maqhajana, Lulama |
Contributors | August, Karel T., Stellenbosch University. Faculty of Theology. Dept. of Practical Theology and Missiology. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | xii, 75 leaves : illustrations |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0031 seconds