Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: The aim of this study is to develop outlines for preaching which is serious about the reality
of some people’s experiences of powerlessness within a success‐driven society in which the
preaching occurs. These outlines were developed by means of a practical‐theological
investigation which took into account some tendencies that were identified during the
analyses of a number of sermons and daily devotions. These analyses were done by utilising
a theory which was developed by taking into account the experiences of powerlessness of
some people. Correlations between the relevant tendencies and the presuppositions and
consequences of certain strategical approaches in the church were sought to establish
whether possible causes for such tendencies in response to sermons may be found in the
strategical approaches. The relevant strategic approaches can be traced back to the
American context which is influenced by the success motive of the American dream and the
corporate ideology.
The presuppositions and consequences of the relevant strategical approaches which
correlate with the tendencies that were identified during the analyses of sermons, concern
images of God, conceptions about the congregation, ways of using Scripture and preachers’
understanding of their identity. A search was done, in the light of the gospel, to find
alternatives for the relevant presuppositions and consequences in order to develop the
desired outlines. These alternatives that the gospel offer are of such a nature that the
outlines have preaching in mind which comfort, confront and invite to new perspectives in
the light of God’s acts and his involvement with people, and are less concerned with
controlling or establishing means of controlling, than is the case with the sermons and daily
devotions that were analysed. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie het ten doel om rigtingwysers te ontwikkel vir prediking wat die realiteit van
sommige mense se ervarings van magteloosheid ernstig opneem te midde van ’n suksesgedrewe
samelewing waarbinne die prediking plaasvind. Die rigtingwysers is ontwikkel deur
middel van ’n prakties‐teologiese ondersoek waartydens rekening gehou is met sekere
tendense wat geïdentifiseer is tydens die analise van ’n aantal preke en dagstukkies. Die
analises is gedoen aan die hand van ’n teorie wat ontwikkel is met inagneming van sommige
mense se ervarings van magteloosheid. Daar is verder gepoog om raakpunte te identifiseer
tussen die betrokke tendense en die voorveronderstellings en konsekwensies van sekere
strategiese benaderings binne die kerk om sodoende aan te dui dat die betrokke strategiese
benaderings moontlike oorsake van sekere tendense by preke inhou. Die betrokke
strategiese benaderings kan in ’n meerdere of mindere mate teruggevoer word na die
Amerikaanse konteks waar hulle deur die sukses‐gedrewenheid van die Amerikaanse droom
en die korporatiewe ideologie beïnvloed is.
Die voorveronderstellings en konsekwensies van die betrokke strategiese benaderings wat
raakpunte toon met die tendense wat by preke geïdentifiseer is, het te doen met
Godsbeelde, opvattings oor die gemeente, maniere van Skrifgebruik en predikers se
verstaan van hulle identiteit. Daar is verder, in die lig van die evangelie, gesoek na
alternatiewe vir die betrokke voorveronderstellings en konsekwensies ten einde die
verlangde rigtingwysers te ontwikkel. Die alternatiewe wat deur die evangelie gebied word,
is sodanig dat die rigtingwysers prediking in gedagte het wat tot ’n groter mate troos,
konfronteer en uitnooi tot nuwe perspektiewe in die lig van God se handelinge en sy
betrokkenheid by mense en minder daarop ingestel is om beheer uit te oefen of om
maniere te probeer bied waardeur beheer verkry kan word as wat die geval was by die
preke en dagstukkies wat geanaliseer is.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/85590 |
Date | 12 1900 |
Creators | Dreyer, Christian Hendrik |
Contributors | Cilliers, J. H., Stellenbosch University. Faculty of Theology. Dept. of Practical Theology & Missiology. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | af_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 250 leaves |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0021 seconds