Return to search

Ondersoekende joernalistiek en sosiale verandering : 'n ontleding en evaluering van die agendastellingsrol van Vrye Weekblad (1988-1993)

Text in Afrikaans / Die navorsingsonderwerp van hierdie proefskrif is ondersoekende joernalistiek en die moontlike of waarskynlike
invloed wat die spesifieke joernalistieke praktyk op die proses van sosiale verandering kan uitoefen. Daar word van die aanname uitgegaan dat koerantberigte weens ondersoekende joernalistiek in sommige gevalle kan lei tot die bewusmaking van ongeregtighede en/of onregmatige dade in die samelewing en dat die joernalistieke praktyk 'n bydraende faktor of soms 'n katalisator tot optredes van owerhede en uiteindelik sosiale verandering
kan wees. Om die aanname toe te lig, word eerstens gekyk na die betekenis van sosiale verandering. Antwoorde
word onder meer gesoek op vrae soos: (i) Wat is
sosiale verandering? en (ii) Wat is die invloed van die
media op sosiale verandering? Tweedens word daar gekyk na wat ondersoekende joernalistiek behels en hoe dit
verskil van veral die konvensionele joernalistieke praktyk. Derdens word 'n profiel van Vrye Weekblad gegee
ten einde die koerant as gevallestudie te regverdig. Vierdens word 'n model vir die kwalitatiewe inhoudsontleding
van voorbeelde van ondersoekende joernalistiek geformuleer. Vyfdens word die model empiries getoets op
ondersoeke wat deur Vrye Weekblad gedoen is. Laastens word gepoog om die teoretiese perspektiewe oor sosiale verandering en die invloed van die media te versoen met die empiriese ontledings van die voorbeelde van ondersoekende joernalistiek in Vrye Weekblad. / The research topic of this thesis is investigative journalism and the possible or probable influence that
this specific journalistic practice may have on the process of social change. The study proceeds from the assumption that investigative newspaper reports can in some instances lead to an awareness of injustices and/or illegal actions in society. This form of journalistic practice could therefore be a contributing factor, and in some cases, a catalyst for government action and ultimately social change. To elaborate on this assumption, attention is firstly given to the meaning of social change. In this respect answers to the following questions are sought:
(i) What is social change? and (ii) What is the influence
of the media on social change? Secondly, attention is given to the characteristics of investigative journalism
and how this practice differs from conventional journalism. Thirdly a profile of Vrye Weekblad is offered
in order to justify the case study. Fourthly a model for the qualitative content analysis of instances
of investigative journalism is formulated. Fifthly this model is tested empirically on investigations undertaken
by Vrye Weekblad. Finally an attempt is made to reconcile the theoretical perspectives on social change and
the influence of the media with the empirical analyses of investigative journalism in Vrye Weekblad. / Communication Science / D. Litt et Phil. (Kommunikasiekunde)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/16773
Date11 1900
CreatorsFaure, Cornelia
ContributorsRoelofse, J. J.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (iii, 304 leaves)

Page generated in 0.002 seconds