Return to search

Karakteropvoeding van risiko-leerders in die Wes-Kaap

Thesis (MEd)--University of Stellenbosch, 2007. / ENGLISH ABSTRACT: “… education must seek to help pupils become morally just individuals” (Waghid,
2004b:535).
South Africa, as a fairly young democracy, faces many challenges. Education of its
youth into adults that can fulfil their obligations in a democratic society is but one of
these challenges. A democracy can only be successful when a country’s citizens
internalise basic values such as mutual respect and responsibility. Newspapers and
news reports unfortunately tell of increasing moral decay amongst the youth of South
Africa.
In this research, various models of value education are critically evaluated in order to
determine the best model for establishing values in the youth. Character education is
discussed as a balanced and comprehensive approach to value education, and critical
comments on the Manifesto on Values, Education and Democracy attempt to show its
relevance for value education in practice. The increase in social problems such as
poverty, single-parent families and AIDS orphans, leads to an increase in “at-riskchildren”
in South Africa. This study therefore also investigates possible ways in
which teachers can contribute to instilling positive values in at-risk learners.
The establishment, development and internalisation of values are a long and intricate
process in which schools, parents and society are all important stakeholders. This
research shows the importance of cooperation between all role players to instil values
in South Africa’s young people and that the process of value education slowly but
surely shows results.
Key concepts: values, value education, character education, youth at risk / AFRIKAANSE OPSOMMING: “Democratic citizenship requires that people cultivate mutual respect, warmth,
friendship, trust, self-respect, dignity, generosity and compassion towards each other”
(Waghid, 2004b:536).
Suid-Afrika kom, as betreklik jong demokrasie, voor talle groot uitdagings te staan.
Die opvoeding van die jeug tot volwassenes wat hulle plek in ’n demokratiese
samelewing kan volstaan, is een van die uitdagings. ’n Demokrasie kan egter net
slaag as basiese waardes soos respek en verantwoordelikheid by landsburgers
geïnternaliseer is. Dagblaaie en nuusberigte skets ongelukkig ’n somber prentjie van
morele verval onder die Suid-Afrikaanse jeug.
In hierdie navorsing word verskillende modelle van waardeopvoeding krities
geëvalueer, om te ondersoek watter model die beste resultate behoort te lewer in die
vestiging van waardes by die jongmense van Suid-Afrika. Karakteropvoeding word
bespreek as ’n gebalanseerde en omvattende benadering tot waardeopvoeding en die
manifes oor waardes, opvoeding en demokrasie word krities bespreek om aan te toon
in watter mate dit relevant is vir waardeopvoeding in die skoolpraktyk. Die toename
van sosiale probleme soos armoede, enkelouer-gesinne en VIGS-wesies lei daartoe
dat ’n toenemende aantal Suid-Afrikaanse kinders as risiko-leerders bekend staan.
Daarom word in hierdie studie ook ondersoek ingestel na moontlike maniere waarop
opvoeders positiewe waardes by risiko-leerders kan vestig.
Die vestiging, ontwikkeling en internalisering van waardes is ’n langsame en
ingewikkelde proses waarin die skool, ouers en die gemeenskap belangrike rolspelers
is. Hierdie studie toon dat samewerking tussen die rolspelers baie belangrik is by die
vestiging van waardes by Suid-Afrikaanse jongmense, en dat die proses van
waardeopvoeding stadig maar seker resultate lewer.
Trefwoorde: waardes, waardeopvoeding, karakteropvoeding, risiko-leerders

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/19883
Date03 1900
CreatorsSpamer, Christina Johanna
ContributorsDe Klerk, J., Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Educational Policy Studies.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatx, 168 leaves
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0023 seconds