Return to search

Taalbeplanning vir veeltaligheid: 'n Suid-Afrikaanse perspektief

Masters of Art / Die teoretiese tradisie aan die basis van die navorsingstuk is dié van die sosiolinguistiese teorie. Eksponente van hierdie teorie, maak benewens die linguistiese ook bemoeienis met die sosiale dimensie van taal. In aansluiting by Rubin & Jemudd (1971: xiv) wat argumenteer dat taalbeplanning deel van sosiale verandering is en daarom onderhewig is aan reëls van hierdie tipe verandering, kan taalbeplanning nie in isolasie geskied met sosiale beplanning nie. Hierdie studie is 'n ondersoek na die wyse waarop veeltaligheid hanteer word. In hierdie verband word ingegaan op die rol van buitelinguistiese faktore in die taalbeplanningsprosesse. Vanuit 'n sosiolinguistiese perspektief word taalbeplanning noodwendig beïnvloed deur breër sosiale faktore soos ekonomiese, sosiale, politieke, demografiese en psigologiese. Hierdie studie ondersoek die rol van nasionalisme, meer spesifiek Afrikaner-nasionalisme, in die hantering van die veeltalige karakter van Suid-Afrika. Daarbenewens word 'n oorsig gebied van die wyse waarop enkele Afrikalande met onafhanklikheid hul veeltaligheid hanteer het. Daar word veral gefokusseer op die rol van kolonialisme asook op welke wyse die breër politieke strewe In die lig van die voorafgaande word 'n kritiese analise gegee van die voorgestelde taalbeleid vir 'n veranderde Suid-Afrika.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uwc/oai:etd.uwc.ac.za:11394/7499
Date January 1994
CreatorsVan Louw, Christa Leonie
Contributorsvan de Rheede, I
PublisherUniversity of Western Cape
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
RightsUniversity of Western Cape

Page generated in 0.0026 seconds