Thesis (MEdPsych)--University of Stellenbosch, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: As I engaged in a therapy journey with a single client, the possibilities for research on the
integrative use of narrative therapy and EMDR unfolded. I investigated recent literature and
realised that much had been written about narrative therapy as single approach to therapy
within the postmodern paradigm. There was also extensive writing on EMDR and its
integrative use with other therapies in assisting people who struggle with upsetting memories
of trauma.
Since I was unable to find any literature to date on the integrative use of narrative therapy
and EMDR, I realized that there was much to be discovered and learned on such an
integrative research journey.
The client's experiences and descriptions of overwhelming emotional distress (as the
problem in her life) during the process of integration was the main focus of this qualitative
case study. During our therapy conversations knowledges were gathered and
deconstructed. Video or tape recordings, photographs, work with clay, sketches, letters and
other documents were useful in keeping track of the research journey. A reflecting team and
the participation of the client's boyfriend contributed and enriched both the therapy and
research journeys. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Tydens terapeutiese werk met 'n enkele kliënt het die moontlikhede van navorsing oor die
integrasie van narratiewe terapie en EMDR vir my 'n werklikheid geword. Ek het onlangse
navorsing bestudeer en besef dat narratiewe terapie as 'n enkele benadering tot terapie
binne die post-moderne paradigma, al 'n geruime tyd lank nagevors is. Daar bestaan ook
literatuur oor EMDR en die integrasie daarvan met ander terapeutiese benaderings in die
ondersteuning van persone wat probleme ondervind met ontstellende herinnerings van
trauma.
Aangesien ek tot op hede geen literatuur oor die integrasie van narratiewe terapie en EMDR
kon vind nie, het ek vermoed dat 'n navorsingsreis op hierdie terrein verskeie ontdekkings en
die ontginning van nuwe kennis moontlik sou maak.
Die fokus van hierdie kwalitatiewe gevallestudie val op die kliënt se belewing en beskrywings
van oorweldigende emosies (as probleem in haar lewe) tydens die terapeutiese
integrasieproses. Waarhede of kennis is tydens terapiegesprekke versamel en
gedekonstrueer. Video- of bandopnames, foto's, kleiwerk, sketse, briewe en ander
dokumente was waardevol om die koers van die navorsingsreis aan te dui. Insette en
deelname van 'n refekterende span, asook die kliënt se kêrel, het beide die terapie- en
navorsingsreise verryk en uitgebrei.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/21210 |
Date | 04 1900 |
Creators | De Villiers, Elizabeth Fredericka |
Contributors | Newmark, Rona, Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Educational Psychology. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 95 leaves : ill. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0015 seconds