Return to search

Owerheidsooreenkoms : 'n administratiefregtelike ondersoek

Summaries in Afrikaans and English / Text in Afrikaans / Uit 'n regsvergelykende studie van owerheidsooreenkomste in die Duitse -,
Nederlandse -, Engelse - en Suid-Afrikaanse reg blyk dit dat die owerheid reeds aan
die einde van die vorige eeu die privaatregtelike kontrak gebruik om goedere en
dienste te verkry en om privaat persone by die administrasie te betrek. Die heersende
liberale beskouing sien die verhouding tussen die owerheid en die burger as 'n
gesagsverhouding. Die ooreenkoms word oak gebruik om samewerking tussen
owerheidsliggame moontlik te maak.
In al die regstelsels ontwikkel die algemene beginsels van die administratiefreg eers
in hierdie eeu. Die administratiefreg ontwikkel as 'n toevoeging tot die privaatreg.
Aanvanklik word net die administratiewe handelinge van die owerheid aan kontrole
onderwerp.
Na die Tweede Wereldoorlog word die verhouding tussen owerheid en burger
verhorisontaliseer. Die gebreke van die stelsel van verteenwoordigende demokrasie
lei daartoe dat daar aan die burger al hoe grater direkte deelname aan administrasie
verleen word. Die ooreenkoms is een van die middels waarmee dit verwesenlik word.
In Suid-Afrika word die uitbreiding van stemreg na almal eers nou 'n werklikheid en sal
die ontwikkeling van deelnemende demokrasie afhang van watter beskouing van die
verhouding tussen die owerheid en die burger hier gaan posvat.
Die privaatregtelike kontrak word ook al hoe meer aan die administratiefreg
onderwerp. Alie ooreenkomste van die owerheid word deur 'n stel gemengde reels
van beide die privaat- en die publiekreg gereel. Die owerheidsooreenkoms kom dus
op die grensgebied tussen die privaat- en die publiekreg voor. Hierdie gebied is 'n
spanningsveld waar die onderliggende beginsels van beide die kontraktereg en die
administratiefreg 'n invloed uitoefen. Die versoening van hierdie twee groepe beginsels
skep probleme in die verskillende regstelsels. Die Suid-Afrikaanse reg is in die
beginstadium van hierdie ontwikkeling.
In al die regstelsels kom ooreenkomste voor wat as administratiefregtelik van aard
aangemerk kan word. Die erkenning van 'n algemene magtiging om
administratiefregtelike ooreenkomste te sluit, hang baie nou saam met die wyse
waarop die onderskeid tussen die privaat- en die publiekreg in die positiewe reg
beslag kry. / A comparative study of governmental agreements in German, Dutch, English and
South African law indicates that governments already used the private law contract at
the end of the previous century to obtain goods and services and to involve private
persons in the administration. The prevailing liberal view regarded the relationship
between government and citizen as one characterized by state authority. The
agreement was also used to facilitate co-operation between government organs.
In all these legal systems the general principles of administrative law only evolved in
this century. Administrative law developed as an adjunct to private law. Only
administrative actions of the government were initially subject to control.
After World War II the relationship between government and citizE-n was horizontalized.
As a result of the shortcomings of the system of representatiVEl democracy, citizens
were granted more direct participation in the administration. The agreement was one
of the means by which this was realized. In South Africa the extension of the franchise
to everybody is only now becoming a reality and the evolvement of participatory
democracy will depend upon which view of the relationship between government and
citizen prevails.
Moreover, the private law contract is increasingly subjected to administrative law. All
governmental agreements are controlled by a set of mixed rules deriving from both
private and public law. The governmental agreement, therefore, is found on the
boundary between private and public law. Tension exists in this area where the
underlying principles of both the law of contract and administrative law have influence.
The reconciliation of these two groups of principles creates problems in several legal
systems. South African law is in the initial stages of this development.
In all the legal systems there are agreements which can be regarded, by nature, as
pertaining to administrative law. The acknowledgement of a general authorization to
enter into administrative law agreements is closely linked to the way in which the
distinction between private and public law is established in positive law. / Private Law / LL.D.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/18043
Date01 1900
CreatorsFloyd, Tomas Berry
ContributorsWiechers, Marinus
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xxvi, 555 pages)

Page generated in 0.0025 seconds