Return to search

Riglyne vir die effektiewe onderrig van leesbegripstrategieë in die seniorfase

Die tesis is voorgelê ter verwerwing van die graad: Magister in Opvoedkunde aan die:
Cape Peninsula University of Technology
2012 / Statistiek uit die “Progress in International Reading Literacy Study” (PIRLS 2006) en die nasionale sistemiese toetse toon ongetwyfeld dat Suid-Afrika tans in ‘n verknorsing rakende geletterdheid is. Bykans negentig persent van alle deelnemende graad 4- en tagtig persent van alle graad 5-leerders kon gedurende die PIRLS-evaluerings nie die mas opkom om op die laagste aanvaarbare vlak van leesvaardigheid vir hul graad te presteer nie. Hieruit blyk dit duidelik dat veranderinge in die huidige benadering tot leesonderrig broodnodig is.
Die doel van hierdie studie is om riglyne vas te stel wat die effektiewe onderrig van leesbegripstrategieë in Suid-Afrika, in die seniorfase, moontlik sal maak.
In dié studie is ‘n kwalitatiewe benadering gevolg en ‘n deelnemende aksienavorsingsprojek is onderneem waartydens die navorser bogenoemde leesbegripstrategieë eksplisiet aan ‘n groep graad 7-leerders onderrig het deur middel van transaksionele onderrig.
Die noukeurige analise van die summatiewe en formatiewe assesserings, sowel as die waarnemings van die navorser, het ‘n merkbare verbetering getoon in die strategiegebruik van beide bekwame, sowel as sukkelende lesers. ‘n Definitiewe positiewe houdingsverandering ten opsigte van lees oor die algemeen was ook duidelik.
Hierdie studie het belangrike beginsels blootgelê wat in berekening gebring moet word wanneer onderrig van hierdie aard oorweeg word en het sonder twyfel getoon dat die eksplisiete onderrig van leesbegripstrategieë ‘n werkbare oplossing bied vir die probleme rakende geletterdheid wat tans binne die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ondervind word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:cput/oai:localhost:20.500.11838/1866
Date January 2012
CreatorsKlopper, Betsie
PublisherCape Peninsula University of Technology
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageother
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Rightshttp://creativecommons.org/licenses/by-nc-sa/3.0/za/

Page generated in 0.0018 seconds