Thesis (MEd)--University of Stellenbosch, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: There is a sharp decrease in the reading habits of learners in the senior
secondary school phase. Interest in Afrikaans literature is decreasing amongst
both high school learners and the broader public. From an early age, readers
prefer to read English.
This thesis examines the reading culture of young adults. The literature study
takes a look at the nature and the extent of young adult literature, with specific
focus on the characteristics unique to young adult literature, the value of young
adult literature and the role played by popular literature. The reading world of
young adults is examined with reference to their reading habits, reading
preferences and the reasons why they do not read. The factors that playa role in
the reading habits of this target group are also discussed. This includes reading
needs, disinclination to read, eagerness to read, reader guidance, the library,
parents, the peer group, free time, age, the media, the cover, the title, the author,
cost of books, literature education, the availability and obtainability of books,
gender, reading pleasure, socially disadvantaged communities, culture and
geographical position.
The questionnaire involved 308 16- and 17-year-old young adults and focused on
their reading habits, reading milieu, free time expenditure, language and book
preferences and aversions. The reading habits are analysed on the basis of
criteria such as how often the respondents read books, how many books they
had read in the previous month and how often they visit the library. The reading
milieu refers to the book, newspaper and magazine reading habits of the parents
of the respondents and to the visits to the library by the respondents in their
earlier youth. The role of variables such as gender, geographic position and
population group is also examined. The results of the questionnaire examination confirm the hypotheses stated in
this study:
There is not an established reading culture among Afrikaans-speaking
young adults (16- and 17 year aids).
Afrikaans-speaking young adults prefer to rather read English than to read
Afrikaans.
In conclusion, a summary of proposals is provided that, if implemented
successfully, could promote the reading habit and establish a positive attitude
towards Afrikaans literature. There is a specific look at proposals with regard to
literature education, the role that is played by libraries, parents, authors and the
peer group, as well as marketing, book sales and projects that promote the
culture of reading. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Daar 'n skerp afname in die leesgewoontes van leerders in die senior sekondêre
skoolfase. Belangstelling in die Afrikaanse letterkunde is aan die afneem onder
sowel hoërskoolleerders as die breë publiek. Lesers verkies reeds vanaf 'n vroeë
ouderdom om Engels te lees.
Hierdie tesis ondersoek die leeskultuur van jong volwassenes. In die
literatuurstudie word gekyk na die aard en omvang van jongvolwasseneliteratuur
met spesifieke fokus op die kenmerke eie aan jongvolwasseneliteratuur, die
waarde van jong volwasseneliteratuur en die rol wat populêre literatuur speel.
Die leeswêreld van jong volwassenes word ondersoek met verwysing na hul
leesgewoontes, leesvoorkeure en redes waarom hulle nie lees nie. Die faktore
wat 'n rol speel in die leesgewoontes van hierdie teikengroep word ook bespreek.
Dit sluit in leesbehoeftes, leestraagheid, leesywer, leserleiding, die biblioteek,
ouers, die portuurgroep, vrye tyd, ouderdom, die media, die omslag, die titel, die
skrywer, boekkoste, literatuuronderrig, die beskikbaarheid en bekombaarheid
van boeke, geslag, leesgenot, sosiaal-benadeelde gemeenskappe, kultuur en
geografiese ligging.
Die vraelysondersoek het 308 16- en 17-jarige jong volwassenes betrek en fokus
op hul leesgewoontes, leesmilieu, vrye tydsbesteding, taal- en boekvoorkeure en
-afkeure. Die leesgewoonte word ontleed aan die hand van kriteria soos hoe
gereeld die respondente boeke lees, hoeveel boeke hulle die voorafgaande
maand gelees het en hoe gereeld hulle die biblioteek besoek. Die leesmilieu
verwys na die ouers van respondente se boek-, koerant- en
tydskrifleesgewoontes en na die respondente se besoek aan die biblioteek
kleintyd. Die rol van veranderlikes soos geslag, geografiese ligging en
bevolkingsgroep word ook ondersoek. Die resultate van hierdie vraelysondersoek bevestig die hipoteses gestel in
hierdie studie:
Daar is nie 'n gevestigde leeskultuur by Afrikaanssprekende jong
volwassenes (16- en 17-jariges) nie.
Afrikaanssprekende jong volwassenes verkies om liewer Engels te lees as
Afrikaans.
Ten slotte word daar 'n samevatting van voorstelle gegee wat, indien suksesvol
geïmplementeer, die leesgewoonte bevorder en 'n positiewe houding teenoor
Afrikaanse literatuur vestig. Daar word spesifiek gekyk na voorstelle ten opsigte
van literatuuronderrig, die rol wat biblioteke, ouers, skrywers en die portuurgroep
speel, en ook na bemarking, boekverkope en projekte wat die leeskultuur
bevorder.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52639 |
Date | 03 1900 |
Creators | Swanepoel, Celeste |
Contributors | Combrink, L. E., Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Curriculum Studies. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | af_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 242 p. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0032 seconds