Return to search

Beplanning in die openbare sektor, met spesifieke verwysing na heropbou- en ontwikkelingsprogramprojekte

M.Comm. / Die hoofdoel van die studie is om die toepassing van besigheidsgerigte beplanning in HOP-projekte se potensiele waarde vir beplanning in die openbare sektor na te vors. Verdere doelstellings van die studie is die volgende: om die agtergrond, konteks en teorie in verband met die HOP na te vors, om die veranderinge en nuwe verwikkelinge in die HOP vas te stel, om die implementering en lewering van die HOP en sy projekte na te vors, om die kultuurverandering in besigheidsgerigte beplanning binne die openbare sektor te bepaal, om die bestaande privaatsektor- en regeringsriglyne en teorie oor besigheidsplanne na te vors, om die toepassing en waarde van die gestelde beginsels in die opstelling van besigheidsplanne vir HOP-projekte empiries te bepaal, om gevolgtrekkings en aanbevelings uit die navorsing te maak.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:3450
Date04 September 2012
CreatorsVan Zyl, André
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0019 seconds