Thesis (MPhil)--University of Stellenbosch, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: Technology and disability are both terms laden with associations, values,
meanings and even myths. This becomes clear in this research when both
terms are described in the first part, and the various understandings of the
terms are explained. When the two terms are considered in relation to each
other, the result is a series of questions and ethical problems.
In this assignment the focus is specifically on these questions and ethical
problems that arise out of the relationship between technology and disability.
The research is not done from a natural science perspective (with regard to
technology) and lor a medical perspective (with regards to disability), but from
a philosophical-ethical perspective. The main aim of this research is to think
about what the role of technology is in the life of the disabled in general and
what ethical questions arise from it.
To form a philosophical-ethical perspective the question is asked: should
technology be accepted unequivocally as something that always contributes
to the humanization of the disabled? More specifically the assignment focuses
on the issue: does cochlear implants contribute to the humanization of the
deaf?
The potential problematic relationship between the concepts is clear from the
separate discussions. The limitations and problems of cochlear implants as an
example of technology is shown when it is placed within the framework of a
humanizing relationship. It is clear that technology can not be accepted
unequivocally as something that always contributes to the humanization of the
disabled. The research emphasizes that disability is much more than physical
limitations and that compensating for the limitations through technology does
not always address all the aspects of a disabled person's life - and can
consequently have a dehumanizing effect. A more holistic approach is
considered - one in which all the aspects of being human is addressed. The
unique challenges of the South African context is discussed shortly and in
conclusion the necessity of an "ethics of responsibility" is shown.
Reflection on technology and disability is in the end reflection on life and the
mysteries of life. Disability that reminds us of our limitations and shortcomings,
also reminds us that life is not in our control and that a big part of living is an
unsolvable riddle, a mystery. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Tegnologie en gestremdheid is twee gelade terme. Beide verwys na 'n
omvangryke wêreld en potensiële probleme. Dit word duidelik in hierdie
ondersoek wanneer beide terme omskryf word in die eerste afdeling, en die
verskillende verstaansmoontlikhede van die terme uitgewys word. Waar die
twee terme in verband met mekaar gebring word, ontstaan daar uiteindelik 'n
hele string vrae en etiese probleme.
In hierdie skripsie word daar spesifiek op hierdie vrae en etiese probleme, wat
ontstaan uit die verhouding tussen tegnologie en gestremdheid, gefokus. Die
ondersoek vind nie plaas vanuit 'n suiwer natuurwetenskaplike perspektief
(mbt tegnologie) en/of mediese perspektief (mbt gestremdheid) nie, maar
vanuit 'n filosofies-etiese perspektief. Om 'n filosofies-etiese perspektief te
vorm, word die vraag gevra: moet tegnologie ongekwalifiseerd aanvaar word
as iets wat altyd bydra tot die humanisering van die gestremdes? Meer
spesifiek word dan ondersoek ingestel na die vraag: dra kogleêre inplantings
by tot die humanisering van die dowe?
Die vernaamste doel met hierdie ondersoek is dus om na te dink oor wat die
rol van tegnologie in die lewe van gestremdes in die algemeen is en watter
etiese kwessies dit oproep. Die problematiek rondom dowes en kogleêre
inplantings gaan as 'n spesifieke voorbeeld bekyk word. Die begrippe
tegnologie en gestremdheid word eers omskryf in die ondersoek. Die
potensiële problematiek tussen die verhouding tussen die twee terme (en
wêrelde) blyk reeds uit die afsonderlike bespreking van die terme. Die
verhouding waarin tegnologie en gestremdheid tot mekaar staan word uitgelig
deur sekere voorbeelde te noem, en dan word daar spesifiek op kogleêre
inplantings gefokus.
Die beperkings en problematiek van kogleêre inplantings as spesifieke
tegnologie word duidelik wanneer dit binne die raamwerk van die vraag gestel
word of dit 'n humaniserende verhouding is. Dit is duidelik dat tegnologie nie
ongekwalifiseerd aanvaar kan word as iets wat altyd bydra tot die
humanisering van die gestremdes nie. Die ondersoek beklemtoon uiteindelik
dat gestremdheid veel meer behels as blote liggaamlike gebreke en dat die
kompensasie daarvoor deur tegnologie nie altyd as humaniserend ervaar
word nie. 'n Meer holistiese benadering word bepleit - een waarin alle fasette
van die mens (gestremde) se behoeftes aangespreek word. Die unieke
uitdagings wat dit inhou vir ons Suid-Afrikaanse konteks word kortliks
bespreek en ten slotte word daar gewys op die noodsaaklikheid van 'n letiek
van verantwoordelikheid'.
Nadenke oor tegnologie en gestremdheid is uiteindelik nadenke oor die lewe
en oor die geheimenisse daarvan. Gestremdheid wat ons herinner aan ons
tekortkominge en beperkinge, herinner ons ook daaraan dat die lewe 'n
misterie is.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52478 |
Date | 03 1900 |
Creators | Verhoef, Suna M. (Suna Margaretha) |
Contributors | Van Niekerk, A. A., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Philosophy. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | af_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 95 p. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.003 seconds