Return to search

Models of scholarship in the reformed tradition / Renato Coletto

Hierdie studie is 'n vergelyking en evaluering van sekere "modelle" vir Christelike wetenskap
wat voorgestel en ontwikkel is deur Reformatoriese denkers (in sommige gevalle vanaf die
1930s ). Hierdie modelle het die veronderstelling in gemeen dat 'n bybels-sensitiewe wetenskap
moontlik en noodsaaklik is. Maar die voorstelle om so 'n wetenskap te implementeer en te
bevorder bevat groot verskille in klem en strategie. Afgesien van periodieke verwysings na
Kuyper se sienings, is veral die modelle van die (1) Dooyeweerdiaanse en (2) Reformatoriese
skole, die (3) Van Til-beweging, (4) Jakob Klapwijk en (5) Nicholas Wolterstorff geanaliseer.
Die evaluering van elke model fokus op vier hoof areas:
1) Die verband tussen Skriftuur en wetenskap met spesifieke aandag aan die
oorbruggingsmeganismes wat nodig geag word, of meer geskik geag word as andere, om 'n band
tussen die twee te bewerkstellig.
2) Die verwantskap tussen wetenskappe (ensiklopedie van die wetenskap). Die gevolglike
hiƫrargie tussen wetenskappe en die superioriteit van sommige van hulle met betrekking tot
ander.
3) Die verstaan van religieuse antitese en die gevolg vir konkrete wetenskapsbeoefening.
4) Die siening van wetenskap wat in elke model na vore tree.
Met hierdie analise word gepoog om die sterk en swak punte van elke model uit te wys en om
te fokus op elke probleemareas in 'n poging om 'n bydrae te maak vanuit 'n Bybelse oogpunt.
Die vergelyking toon aan dat die mees onlange modelle nie altyd 'n verbetering op vorige
standpunte is nie.
Hoewel evaluerings en opmerkings deurgaans in die studie gedoen is, formuleer ek in die laaste
hoofstuk my eie siening duideliker. In sommige areas stem ek min of meer saam met die
standpunte van 'n spesifieke model. In ander opsigte voel ek dat 'n nuwe benadering nodig is en
probeer ek dus voorstelle ter vernuwing aan die hand doen. / Thesis (M.A. (Philosophy))--Potchefstroom University for Christian Higher Education, 2002

Identiferoai:union.ndltd.org:NWUBOLOKA1/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/10966
Date January 2002
CreatorsColetto, Renato
Source SetsNorth-West University
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0021 seconds