Return to search

'n Geintegreerde marknavorsingstrategie en voorspellingsanalise rakende winkelsentra en / of individuele kleinhandelsaktiwiteite

M.B.A / "Geesteswetenskaplike navorsing is 'n gemeenskaplike aktiwiteit waardeur 'n bepaalde verskynsel in die werklikheid op 'n objektiewe wyse bestudeer word, ten einde 'n geldige begrip van die verskynsel daar te steI." (Mouton en Marais, 1989:7) "Dit is 'n natuurIike strewe van die mens om die werklikheid waarvan hy deel vorm, te probeer begryp. Die belangrikste wyse waarop die mens sy ervaringe en belewinge vasgryp, is in uitsprake oor die werklikheid. Die maak van uitsprake, formulering van stellings, is daarom 'n intrinsieke komponent van aIle betekenisvolle menslike ervaring. In die mate waarin menslike kommunikasie noodsaakIik is vir sinvolle sosiale interaksie, so is die maak van stellings ook 'n onlosmaakIike dimensie van ons menswees" (Mouton en Marais, 1989: 7) Praktiese navorsing in hierdie studie is in samewerking met die Wickes-groep gedoen. Wickes is 'n Europese winkelgroep wat onlangs in Suid-Afrika gevestig is en beoog om 'n groot aantal takke in Suid-Afrika te open. Hardeware, boumateriale, gereedskap, ingeboude kaste, badkamers en talle ander produkte word deur hierdie handelaars verkoop. Die eerste tak is op 28 Oktober 1995 in Boksburg, digby die East-Rand Mall geopen. Navorsing is gedeeltelik by hierdie tak afgehandel. Dit behels hoofsaaklik 'n uiteensetting van die produk, die verbruiker, die markgebied en besteding. Die mikro-analise wat in hoofstuk 4 ter sprake is, is dus gedeeltelik hier toegepas. Die doel daarvan was hoofsaaklik om beter insig te verkry in die rnikroaspekte van die betrokke handelaar. Daardeur kan swak en sterk punte uitgelig word, en daarna kan moontlike strategiee geformuleer word om hierdie swak punte aan te spreek soos in hoofstuk 7 gedoen is. Verdere navorsing is gedoen deur 'n demografiese analise te doen vir die ontwikkeling van 'n nuwe Wickes-tak in Ferndale, Randburg. Hier is hoofsaaklik op die makroaspekte gefokus deur 'n analise (wat oorwegend demografies van aard is) te doen op die potensiele markgebied van 'n ligging waar Wickes 'n tak sal open...

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:3659
Date05 February 2014
CreatorsKeyter, Martin
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Johannesburg

Page generated in 0.0024 seconds