Return to search

Die ontslag van stakers op grond van deelname aan 'n beskermde staking

Text in Afrikaans / Summaries in English and Afrikaans / Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika en die Wet op Arbeidsverhoudinge
verleen aan werknemers die reg om te staak. Die reg is egter nie onbeperk nie.
Op grond van die voldoening aan wetlike vereistes, word stakings as beskermd of
onbeskermd geklassifiseer. Beskermde stakers kan ontslaan word weens
wangedrag tydens die staking of op grond van die bedryfsvereistes van die
werkgewer.
Die werkgewer se bedryfsvereistes sal ontslag regverdig indien sy /haar vlak van
toleransie bereik is. Dit sal die geval wees indien die werkgewer se besigheid met
ondergang gedreig word of onherroeplike skade gaan ly, sou die staking voortduur.
Aile relevante faktore moet egter in ag geneem word. Daar is nie tans 'n
vasgestelde toets in die verband nie en daar word ook aan die hand gedoen dat
billikheid, met inagneming van al die relevante faktore en omstandighede, die
belangrikste oorweging moet wees. 'n Vasgestelde toets vir die bepaling van die
werkgewer se vlak van toleransie, word afgekeur. / The Constitution of the Republic of South Africa and the Labour Relations Act give
employees the right to strike. This right is, however, not unlimited.
By reason of the satisfaction of statutory requirements, strikes are classified as
protected or unprotected. Protected strikers may be dismissed for misconduct
during the strike or by reason of the operational requirements of the employer.
The employer's operational requirements will justify dismissal when his/her level of
tolerance is reached. This will be the case when the employer's business is on the
brink of extinction or about to suffer irreparable harm. All the relevant facts must
however be taken into account. Currently there is no definite test in this regard
and it is proposed that fairness, taking into account all the relevant facts and
circumstances, be the overriding consideration. A specific test for the
determination of the employer's level of tolerance must be rejected. / Economics and Management Sciences / LL.M.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/15584
Date1 January 1997
CreatorsNaudé, Christelle
ContributorsStrydom, E. M. L
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
Format1 online resource (ii, 38 leaves)

Page generated in 0.0027 seconds