Return to search

Module oor bepaalde klasse van ringe

M.Sc. (Mathematics) / Die eienskappe van 'n ring het 'n bepalende invloed op die eienskappe van die module oor daardie ring. So kan belangrike klasse van ringe gekarakteriseer word met behulp van module oar sodanige ringe. Origens blyk dat eienskappe van R-module wat in die algemeen nie saamval nie. weI saamval as ons R beperk tot sekere klasse van ringe. In die literatuur word die verwantskappe tussen 'n moduul en sy ring van skalare wyd verspreid aangetref. Die oogmerke van hierdie skripsie is om die belangrikste resultate wat die verwantskap tussen ringe uit 'n gegewe klas met hulle module aandui in een bron saam te bring vir sekere belangrike klasse van ringe. 'n Literatuurlys word vir verdere insae verskaf. Geen aanspraak word op volledigheid gemaak nie. Definisies word deurgaans gegee ter wille van volledigheid en ter wille van terminologie. Waar stellings en lemmas egter direk uit definisies volg. word geen bewys gegee nie. Bewyse word weI gegee in gevalle waar 'n besondere strategie. helderheid of bondigheid dit regverdig.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:8007
Date04 February 2014
CreatorsKorostenski, Mareli
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Johannesburg

Page generated in 0.0021 seconds