Afrikaans text / Die doel van die studie is om buffer- en risikofaktore te verken wat ‟n rol in die ontwikkeling van gehoorgestremde kleuters kan speel.
Gehoorgestremde kleuters presenteer met ‟n gehoorverlies, wat hul van normaalhorende kleuters onderskei. Tog beskik alle kleuters oor primêre behoeftes. Lewenskwaliteit word verbeter deur behoeftevervulling, wat die ontwikkelingsproses beïnvloed. Hierdie behoeftes word vervul deur die kleuter, asook faktore vanuit die omgewing.
‟n Literatuurstudie is onderneem as teoretiese raamwerk, wat teorieë omtrent die omgewing en behoeftes, buffer- en risikofaktore en kleuterontwikkeling insluit. Data is vanuit ‟n kwalitatiewe benadering ingesamel deur semi-gestruktureerde onderhoude en ekokaarte saamgestel deur ouers van gehoorgestremde kleuters. Kontrolering en integrering van data het deur triangulering geskied. Buffer- en risikofaktore binne kleuters self, die gesin en die breër gemeenskap is verken. Die studie is verkennend en beskrywend, en toegepaste navorsing is gebruik. So is gevolgtrekkinge en aanbevelings gemaak om toepaslike ondersteuning aan ouers van gehoorgestremde kleuters te bewerkstellig. / The aim of the study is to explore the protective and risk factors that may contribute to the development of hearing-impaired toddlers.
Hearing impaired toddlers present with a hearing loss, which distinguish them from toddlers with normal hearing. However, all toddlers have primary needs. Quality of life is improved by the fulfilment of needs, which influences the developmental process. These needs are fulfilled by the toddler, as well as by factors from the environment.
A literature study was conducted as theoretical framework. This included theories regarding the environment and needs, protective and risk factors, and toddler development. In this qualitative study, data collection was conducted by semi-structured interviews and the compilation of ecomaps by parents of hearing impaired toddlers. Triangulation was used to verify and integrate data. Protective and risk factors were explored within the toddler, the family and the wider community. This study is exploratory and descriptive and applied research was used. In this way conclusions and recommendations were made to provide appropriate support to parents of hearing impaired toddlers. / Social Work / M. Diac. (Spelterapie)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/5296 |
Date | 02 1900 |
Creators | Roux, Marike |
Contributors | Van Rensburg, Beatrix Jansen |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | other |
Detected Language | Unknown |
Type | Dissertation |
Format | 1 online resource (160 leaves) |
Page generated in 0.0025 seconds