Return to search

'n Intervensieprogram vir bevordering van inkomstegenerering in 'n landelike gemeenskapsentrum

Thesis (MVerbruikerswet)--University of Stellenbosch, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: Rural areas in South Africa experience extreme levels of unemployment, and
therefore are in dire need for skills training. In some rural areas this training takes
place in community centres. Participants are empowered to generate an income.
The activities mostly take place in a group context. In such a community centre a
lack of the presentation of structured skills training programmes was identified. The
aim of the study is to develop a skills training programme to help rural people in
starting an income-generating project in a group context by means of intervention.
In the literature study the concept of community centres was discussed. The basic
human needs and the needs for training were related to the concept of group work.
Programme development for adult education, income-generation and interventions
were described in detail. The development of creativity, empowerment, capacity
building and sustainable development were briefly discussed as potential outcomes
of skills training programmes for the generation of income.
For the purpose of this study a case study was undertaken of existing needlework
groups in the Darling Focus Community Centre. A study group of 15 members was
identified. The duration of the study group's involvement in needlework training was
determined. The need for skills training workshops and the study group's interest in
group work were established.
Although the activities of the study group take place in group context, very little
evidence exist of co-operation towards the objective of income generation. A major
shortcoming is the failure to pinpoint objectives in the group. Darling is a rural tourist
attraction with a target market for the sale of handcrafted products. For this purpose
the crafted products need to adhere to certain criteria. Despite the opportunity to
market products to tourists, only the local market is being targeted. The
requirements of these clients are not considered a priority in the manufacturing of
products. Therefore the study group was considered a suitable case study in this
research. An intervention programme was compiled and implemented in group
context for the training of skills in the manufacturing, marketing and selling of
products.
Surveys were done by self-administered questionnaires and unstructured interviews
were conducted with important role players. Workshops were presented where skills application was monitored through control lists. The application of business skills
was established through a semi-structured interview. Throughout the process the
researcher made observations and documented information.
Surveys indicated that the duration of the group members' involvement with
needlework activities were between three and eleven years. A clear need for skills
training as well as interest in group work was established and addressed. Self
diagnoses of needs for skills training was done during visits to trade areas. A
brainstorming session was conducted to generate ideas for the manufacturing of
products to be sold. The skills in making these products were demonstrated during
the workshops and practised during follow-up work sessions. A basic business skill
workshop was conducted. After implementation of the intervention the results of the
group work were evaluated at the hand of success criteria identified from literature.
This list of criteria provides a guideline for similar training programmes. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Landelike gebiede in Suid-Afrika gaan gebuk onder werkloosheid wat
vaardigheidsopleiding noodsaak. Sommige plattelandse dorpe het gemeenskapsentrums
wat onder meer vaardigheidsopleiding bied. Deelnemers aan die opleiding
word bemagtig om 'n inkomste te kan genereer. Die aktiwiteite vind meestal in
groepverband plaas. 'n Leemte, geïdentifiseer in so 'n gemeenskapsentrum, is die
aanbieding van gestruktureerde vaardigheidsopleidingsprogramme in groepverband
wat mense in staat stel om 'n volhoubare inkomste te genereer. Die studie het ten
doel om deur intervensie 'n vaardigheidsopleidings-program te ontwikkel wat
landelike mense help om 'n inkomstegenereringsprojek in groepverband te vestig.
In die literatuuroorsig is die konsep van gemeenskapsentrums bespreek. Die
basiese menslike behoeftes en behoeftes aan opleiding is in verband gebring met die
konsep van groepwerk. Programontwikkeling vir volwassene-onderwys is uiteengesit
en inkomstegenerering en –intervensies is volledig bespreek. Die ontwikkeling van
kreatiwiteit, bemagtiging, kapasiteitsbou en volhoubare ontwikkeling is kortliks
aangeraak as moontlike uitkomste van vaardigheidsopleidingsprogramme vir die
generering van inkomste.
Vir die doel van hierdie studie is 'n gevallestudie gedoen van bestaande
naaldwerkgroepe gesetel in die Darling Fokus Gemeenskapsentrum. ‘n Studiegroep
van 15 lede is geïdentifiseer. Die tydperk wat die studiegroep by naaldwerkopleiding
betrokke is, is bepaal asook die behoefte aan vaardigheidsopleidingswerkswinkels.
Verder is die studiegroep se belangstelling in groepwerk bepaal.
Hoewel die aktiwiteite van die studiegroep in groepverband plaasvind, is daar min
bewyse van samewerking ten einde die doel van inkomstegenerering te bereik. 'n
Groot leemte is dat doelstellings nooit deur die groep gestel was nie. Darling is 'n
landelike toeriste-aantreklikheid met 'n teikenmark vir die verkoop van
handwerkprodukte. Hiervoor moet produkte aan sekere vereistes voldoen. Ondanks
hierdie geleentheid om produkte onder toeriste te bemark, word daar slegs op die
plaaslike mark gemik. Die vereistes van hierdie kliënte is nie 'n prioriteit in die
vervaardiging van produkte nie. Die studiegroep is daarom as 'n geskikte geval
beskou vir hierdie studie. 'n Intervensieprogram is in groepverband vir die opleiding
van vaardighede in die vervaardiging, bemarking en verkope van produkte
saamgestel en geïmplementeer. Opnames is gedoen deur selfgeadministreerde vraelyste en ongestruktureerde
onderhoude is met belangrike rolspelers gevoer. Werkswinkels is aangebied
waartydens vaardigheidstoepassing deur middel van kontrolelyste gemoniteer is.
Die toepassing van besigheidsvaardighede is deur 'n semi-gestruktureerde
onderhoud bepaal. Die navorser het deurentyd die waarneming gedoen en inligting
gedokumenteer.
Opnames het aangedui dat die groeplede tussen drie en elf jaar by die
naaldwerkaktiwiteite betrokke is. 'n Duidelike behoefte aan vaardigheidsopleiding
asook belangstelling in groepwerk is gevind en aangespreek. Selfdiagnose van
behoeftes aan vaardigheidsopleiding is tydens besoeke aan afsetgebiede gedoen. 'n
Dinkskrum is gehou om idees te genereer vir die maak van produkte om te verkoop.
Die vaardighede vir die maak van hierdie produkte is deur middel van werkswinkels
gedemonstreer en in opvolgende werksessies deur die studiegroep ingeoefen. 'n
Besigheidsvaardigheidswerkswinkel waar basiese beginsels behandel is, is
aangebied. Die resultate van groepwerk na die implementering van die intervensie is
aan die hand van sukseskriteria wat uit literatuur geïdentifiseer is, geëvalueer.
Hierdie stel kriteria bied 'n riglyn vir soortgelyke opleidingsprogramme.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/16377
Date12 1900
CreatorsLangenhoven, Magdalena C. (Magdalena Cornelia)
ContributorsVan der Merwe, M.E., Botha, M.J., University of Stellenbosch. Faculty of Science. Dept. of Consumer Science.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatvii, 223 leaves : ill.
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0122 seconds