Return to search

Die bruikbaarheid van die Goodenough draw-a-man-meetmiddel ten opsigte van verstandelik gestremdes

Magister Artium (Psychology) - MA(Psych) / Die bruikbaarheid van die Goodenough Draw-A-Manmeetmiddel met verstandelik gestremdes is ondersoek. Die Goodenough Draw-A-Man-meetmiddel, alhoewel aangewend om intelligensievlak van verstandelik gestremdes te bepaal, het beperkte ondersteuning volgens gepubliseerde studies. Twee studies het kontrasterende bevindinge ten opsigte van die bepaling van spesifieke grade van verstandelike gestremdheid aangedui. Ander studies het die geldigheid van die meetmiddel ten Die huidige studie het die volgende ondersoek: die
bruikbaarheid van die Goodenough Draw-A-Man-meetmiddel ten opsigte van die klassifisering van die verskillende grade (sowel as onderverdeelde grade) van verstandelike gestremdheid; die verhouding tussen verstandelik gestremdes se prestasie op die Goodenough Draw-A-Manmeetmiddel en die volgende veranderlikes: geslag, ouderdom, institusionalisering versus nieinstitusionalisering; en om stereotiperende mensfiguurtekeninge en leerpotensiaal te ondersoek. van kronologiese ouderdom en geslagsverskille, sowel as die algemene bruikbaarheid met verstandelik gestremdes bevraagteken. Die ondersoekgroep het bestaan uit 153 verstandelik
gestremdes met kronologiese ouderdomsomvang van 7 jaar tot 84 jaar. Hierdie subjekte is as erg tot verstandelik gestremd geklassifiseer. Hierdie groep het bestaan uit 64 manlike en 89 vroulike subjekte van wie 99 uit In institusie populasie geselekteer is, terwyl 54 geselekteer is uit In nie-institusie populasie. Die subjekte is in drie ouderdomskategorieƫ, naamlik 7 tot 21 jaar, 22 tot 59 jaar en 60 tot 84 jaar gegroepeer. Die ondersoekgroep se psigometriese data (die Goodenough Draw-A-Man en die Ou Suid-Afrikaanse Individuele Skaal bevindinge) gedateer 1985 tot 1990 is ontleed. Hierbenewens is 20 verstandelik gestremde inwoners se mensfiguur-tekeninge (60 tekeninge) wat tydens 1993
geadministreer is, ontleed om stereotiperende tekeninge en leerpotensiaal te ondersoek. Die resultate van die huidige studie is soos volg:
Bepaling van die spesifieke grade van verstandelike gestremdheid (erg, matig en lig) illustreer dat die Goodenough Draw-A-Man-meetmiddel en die Ou Suid- Afrikaanse Individuele Skaal, verskil ten opsigte van die bepaling van spesifieke klassifikasies. Die McNemar-toets
bevindinge dui op In betekenisvolle verskil tussen die twee meetmiddels (p < 0,05). Die ooreenkoms tussen hierdie twee intelligensie-meetmiddels ten opsigte van klassifikasie is soos volg: ligte graad (77,3%), matige graad (57,8%) en erge graad (47,9%). Die Chi-wadraattoets en Fisher se eksakte toets vergelyking tussen die 99 gelnstitusionaliseerdes en die 54 nie-gelnstitusionaliseerdes, sowel as tussen die 64manlike en 89 vroulike subjekte vir die drie ouderdomskategorieƫ, dui geen beduidende verskil in prestasie op die Goodenough Draw-A-Man-meetmiddel aan nie (p > 0,05). Die t-toets bevindinge met betrekking tot die ondersoek van stereotiperende mensfiguur-tekeninge, dui In beduidende verskil aan tussen die 20 toetslinge se prestasie op die eerste en tweede mensfiguur-tekeninge (t = -3,17, p < 0,05). Die subjekte het gemiddeld 2,4 tellings meer op die tweede tekening behaal Die t-toets bevindinge wat verband hou met die leerpotensiaal
van verstandelik gestremdes, dui In beduidende verskil aan tussen die 20 toetslinge se prestasie voor en na die blootstelling aan In "perfekte" mensfiguurtekeninge (t = -5,26, P < 0,05). Die subjekte het gemiddeld 5,1 tellings meer op hul derde tekening behaal. 170 In Opsomming van die bevindinge is soos volg: dat die Goodenough Draw-A-Man-meetmiddel meer betroubaar is met die hoƫr funksionerende verstandelik gestremdes; dat veranderlikes soos institusionalisering, nieinstitusionalisering, geslag en ouderdom, nie In rol speel ten opsigte van hierdie groep verstandelik gestremdes se prestasie op die Goodenough Draw-A-Man nie; dat vir hierdie groep verstandelik gestremdes,
stereotiperende tekeninge en modifikasie van hul kognitiewe strukture voorkom, soos in hul mensfiguurtekeninge aangedui.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uwc/oai:etd.uwc.ac.za:11394/8544
Date January 1993
CreatorsSaptouw, Manuel
ContributorsSonn, F.C.T
PublisherUniversity of the Western Cape
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
RightsUniversity of the Western Cape

Page generated in 0.0024 seconds