Return to search

Die effektiewe funksionering van beheerliggame : 'n gevallestudie in die Grabouw-area

Thesis (MEd)--University of Stellenbosch, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: The education of the children in the community is the responsibility of the
whole community of which the parents are part. The aim of the school is to
create responsible and respectful citizens who can make a significant
contribution to the future South Africa. The role of the school is furthermore to
establish democratic values. The school is also in a position to contribute to
the establishment of a democratic society. The governing body is an example
of a democratic institution in which representatives of the role players in
education are involved. They are democratically elected onto the governing
body. Parents are now also part of the leadership and management team of
the school. They also must contribute to policymaking. It means that they
must acquire certain skills to be productive and to deliver service in' the best
interest of the school and the community.
The South African Schools Act (1996) made provision for the need for
capacity building amongst governing bodies. In the past the management of
the school was the total responsibility of the principal and the staff. This role
has now changed, but if the governing body does not function well it will again
put pressure on the principal and the staff. This thesis is specifically
concentrating on one particular governing body and whether it is functioning in
an effective way.
A preliminary investigation was done among ten schools in the Grabouw-area.
The investigation was in actual fact done to pinpoint, the central focus for the
thesis. The central focus of this thesis is about parental involvement in the
school and how it can contribute to effective governance. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die opvoeding van die leerders in 'n gemeenskap is die verantwoordelikheid
van die groter gemeenskap waarvan die ouers deel vorm. Die doel van die
skool is om gerespekteerde en gewaardeerde burgers te skep wat 'n
betekenisvolle rol in daardie gemeenskap kan vervul. Die skool moet verder
verseker dat die demokratiese waardes van die nuwe Suid-Afrika in daardie
spesifieke gemeenskap gevestig word. Die beheerliggaam is "n demokratiese
struktuur waarbyalle rolspelers betrek word by die beheer en die bestuur van
die skool. Daar is egter baie beperkinge wat betref die vemoëns van die
persone wat daarop dien. Dit bemoeilik die vestiging van die beoogde
demokratiese beginsels.
Die Suid-Afrikaanse Skolewet (1996) maak voorsiening dat effektiewe
deelname vooraf gegaan moet word met doelgerigte kapasiteitsbou
programme. In baie gevalle het die groter magte wat oorgedra is na mikrovlak
eintlik die werklading van die prinsipaal vergroot. Sommige beheerliggame
beskik nie oor die kapasiteit om hul verantwoordelikhede uit te dra nie. Hierdie
tesis let op een spesifieke beheerliggaam en 'n evaluering word gedoen
omtrent die effektiewe funksionering van daardie beheerliggaam. Met
effektiewe funksionering word bedoel dat daar gekyk word in hoe "n mate die
werksaamhede wat deur die Skolewet opgedra is, tot uitvoering gebring word.
Die grootste leemte in die pad van effektiewe funksionering blyk te wees die
gebrekkige vermoëns van die ouers. Hierdie feit het na vore gekom in 'n
voorlopige ondersoek wat gedoen is om die fokus van die studie vas te pen.
Die sentrale fokus van die studie behels die betrokkenheid van ouers by die
skool om hul vermoëns te bou. Deur middel van hul betokkenheid by verskeie
aktiwiteite van die skool word ouers eintlik vooraf geskool om op die
beheerliggaam te dien.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52194
Date12 1900
CreatorsJantjies, A. B.(Adam Benjamin)
ContributorsTaylor, D. J. L., Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Education Policy Studies.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format115 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0024 seconds