Return to search

The assessment of collaborative management: implications for whole school evaluation.

M.Ed. / Met hierdie kort navorsingsprojek is beoog om samewerkende bestuur en die moontlike implikasies daarvan op geheelskool evaluering te bereken. Die konseptuele raamwerk waarbinne hierdie navorsingsprojek beoordeel moet word is deur middel van 'n literatuurondersoek na samewerkende bestuur en die moontlike implikasies daarvan op geheelskool evaluering, daargestel. Een van die hoofbevindinge was dat geheelskool evaluering aanleiding gee tot kunsmatige samewerking van die opvoeders se kant af. Die persepsie van opvoeders met betrekking tot die evaluering van die ge¿dentifiseerde aspekte van samewerkende bestuur is deur die gebruik van 'n vraelys bepaal. Data was versamel in 'n poging om die persepsie van opvoeders rakende die belangrikheid van ge¿dentifiseerde aspekte van samewerkende bestuur in skole te ondersoek. Die bekwaamheid van die opvoeder se skole in die implementering van hierdie ge¿dentifiseerde aspekte van samewerkende bestuur, is tergelykertyd bepaal. In die analise van die data het dit aan die lig gekom dat daar 'n verskil in persepsie tussen opvoeders betreffende die belangrikheid en bekwaamheid van die ge¿dentifiseerde aspekte van samewerkende bestuur in skole bestaan. Die verskil tussen die gemiddelde belangrikheidstelling en die bekwaamheidstelling met betrekking tot samewerkende bestuur is die gevolg van kunsmatige samewerking vanaf opvoeders kant. Dit is soortgelyk aan Argyris en Schon (1974:7) se sogenaamde voorgestaane- en gebruiksteorie. Daar is aangetoon dat hierdie kunsmatige samewerking belangrike implikasies ten opsigte van geheelskool evaluering het. Die navorser het die literatuur en empiriese bevindinge gebruik om aanbevelings met betrekking tot die assessering van samewerkende bestuur en die moontlike implikasies wat dit vir geheelskool evaluering inhou, gedoen. / Prof. B.R. Grobler

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:11911
Date14 October 2008
CreatorsMc Ilrath, Craig Douglas
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.2635 seconds