Return to search

Die rol van skoolbeheerliggame in die aanbeveling van prinsipale aanstellings : uitdagings vir plattelandse skole

Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2015. / ENGLISH ABSTRACT: The democratic elections in South Africa in 1994 were followed by far-reaching changes. Legislation was changed to entrench the democratic principles of the young democracy and to involve South African communities in decision-making. For example, the South African Schools Act (84 of 1996) was introduced to promote democracy and to transform society. It merged the different pre-1994 education departments, to build an education system on a non-discriminatory basis, to protect the education rights of learners and to give parents more power in school governance. The introduction of school governing bodies with certain powers and responsibilities was a significant step towards the decentralisation of power in the South African school system.
The aim of the study was to explore the role of school governing bodies in recommending candidates for appointment as school principals and to establish what challenges they experienced. A qualitative research design was used to answer the research question. Personal interviews were held with eight governing body members of two schools and a departmental official. Data was generated by semi-structured questions, enabling participants to share their experiences and perceptions of the recommendation process. The data was subsequently analysed and findings stated.
The literature review in Chapter 2 revealed huge challenges for parents on governing bodies, especially in previously disadvantaged schools, with parents‟ illiteracy as a key factor. The school governing bodies that participated in the study were heavily dependent on the guidance of the departmental official. They moreover admitted that they were unable to carry out the recommendation process without the official‟s guidance. Secondly, the research findings showed that the governing body members had little knowledge of education policies and were inadequately trained.
This study attempted to gain a deeper understanding of the school governing bodies‟ perspectives of their own abilities. Despite the challenges they experienced, they believed that they were able to fulfil their duties and that they did not need any schooling to serve on the school governing body. The results indicate that the literacy levels of members of school governing bodies nevertheless do play a role in their ability to carry out their duties and activities and that more intensive training is needed to enhance their capacity. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Na die demokratiese verkiesing in 1994 het grootskaalse veranderinge in Suid-Afrika plaasgevind. Wetgewing is verander om gestalte te gee aan die demokratiese beginsels van die jong demokrasie en om die Suid-Afrikaanse gemeenskap te betrek in sekere besluitnemings. Die Suid-Afrikaanse Skolewet (84 van 1996) is byvoorbeeld ingestel om demokrasie te bevorder en om die Suid-Afrikaanse samelewing te transformeer. Dit het die verskillende onderwysdepartemente van voor 1994 verenig om die onderwysongelykhede van die verlede reg te stel, leerders se regte ten opsigte van opvoeding te beskerm en die ouergemeenskap groter inspraak in en deelname aan skoolbeheer te gee. Skoolbeheerliggame is ingestel met sekere magte en verantwoordelikhede. Die vestiging van skoolbeheerliggame verteenwoordig ʼn betekenisvolle desentralisasie van mag in die Suid-Afrikaanse skolestelsel.
Hierdie navorsing het beoog om die rol wat skoolbeheerliggame speel in die aanbeveling van kandidate vir aanstelling as prinsipale in skole na te vors en vas te stel watter uitdagings hulle ervaar. Om die navorsingsvraag te beantwoord, is ‟n kwalitatiewe navorsingsontwerp gebruik. Data is verkry deur persoonlike onderhoude te voer met agt lede van twee skole se skoolbeheerliggame en een departementele amptenaar. Semi-gestruktureerde vrae het deelnemers in staat gestel om hul eie ervarings en persepsies van die aanbevelingsproses te beskryf. Daarna is die data ontleed en bevindings gemaak.
Die literatuurstudie in hoofstuk 2 dui aan dat daar groot uitdagings is vir ouers op skoolbeheerliggame, veral in voorheen benadeelde skole, as gevolg van die ongeletterdheid van die ouers. Die skoolbeheerliggame in hierdie studie toon groot afhanklikheid van die hulp van die departementele amptenaar en erken selfs dat hulle nie die aanbevelingsproses sonder die hulp van dié amptenaar sou kon uitvoer nie. Tweedens is daar ook bevind dat die skoolbeheerliggame min kennis het van onderwyswetgewing en dat hul opleiding baie gebrekkig is.
Hierdie studie het ook gepoog om ʼn dieper insig te verkry van die skoolbeheerliggame se perspektiewe van hul eie vermoëns. Ten spyte van die tekortkominge wat die lede van die skoolbeheerliggame ervaar, glo hulle dat hulle opgewasse is vir die taak en dat hulle geen skolastiese opleiding benodig om in ‟n skoolbeheerliggaam te dien nie. Die resultate toon egter dat die geletterdheidsvlakke van die lede van skoolbeheerliggame wel ʼn rol speel in die uitvoering van hul pligte en werksaamhede en dat meer intensiewe opleiding nodig is om hul kapasiteit te verhoog.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/96927
Date03 1900
CreatorsVan der Colff, Jannie
ContributorsHeystek, Jan, Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Education Policy Studies.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format127 pages
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0022 seconds