Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: The lack of scientific and technically schooled human resources has been a problem
in the South African labour market for quite some time. In the present study the
factors influencing learners' decisions to choose Physical Science or not, as a final
subject choice, are examined. The Meyer Interest Questionnaire (MB-lO) and two
selfdesigned questionnaires were completed by 140 grade 10 pupils of a brown and a
black high school in Stellenbosch. Pearson rank order correlations, Chi-square
analysis and the Mann-Whitney test were used to analyse the data. It appears that a
significant number of learners choose Physical Science if they believe that they need
it for their tertiary course or if they need it for university admission or if they think
that it would better their bursary and/or study loan prospects. A significant number of
learners do not choose Physical Science if they did not do well in General Science in
grade nine or if they believe that Physical Science is not a subject for girls. Many
learners also do not choose Physical Science because of a perception that Physical
Science is too difficult. Significantly few learners made use of career counselling
during their [mal subject choice. Significant differences were found between the
interests of the group that chose Physical Science and the group that did not choose it. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die tekort aan wetenskaplik en tegnies geskoolde menslike hulpbronne is reeds vir 'n
geruime tyd 'n probleem in die Suid-Afrikaanse arbeidsmark. In die huidige studie is
daar in hoofsaak ondersoek ingestel na die faktore wat leerders se besluit om Natuuren
Skeikunde as finale skoolvak te kies of nie, beïnvloed. Die Meyerbelangstellingsvraelys
(MB-lO) en twee selfontwerpte vraelyste is op 140 graad 10
leerders van 'n bruin en 'n swart hoërskool in Stellenbosch afgeneem. Die data is met
behulp van Pearson-rangordekorrelasies, Chi-kwadraatontledings en die Mann-
Whitney toets ontleed. Dit blyk dat 'n beduidende getal leerders Natuur- en
Skeikunde kies indien hulle glo dat hulle dit nodig het vir hulle naskoolse opleiding of
vir universiteitstoelating of indien hulle dink dat hulle studiebeurs- en/of
studieleningvooruitsigte daardeur verbeter sal word. 'n Beduidende getalleerders wat
swak presteer het in graad nege of wat glo dat die vak nie by meisies pas nie, kies nie
Natuur- en Skeikunde nie. Baie leerders kies ook nie Natuur- en Skeikunde nie
vanweë 'n persepsie dat die vak te moeilik is. Beduidend min leerders het gebruik
gemaak van beroepsvoorligting tydens hulle finale vakkeuses. Daar is beduidende
belangstellingsverskille gevind tussen die groepe wat Natuur- en Skeikunde gekies het
en die wat dit nie gekies het nie.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/51759 |
Date | 12 1900 |
Creators | Timmey, Marquard Aldrin |
Contributors | Meyer, J. C., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Psychology. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | af_ZA |
Detected Language | English |
Type | Thesis |
Format | 41 p. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0019 seconds