Return to search

Alternatiewe lae koste rioolstelsels

Thesis (M.Dip. Tech (Civil Engineering))--Cape Technikon, 1992. / Statistieke toon dat die bevolking in suid-Afrika binne die
volgende 25 jaar gaan verdubbel, terwyl die stedelike
bevolking gedurende dieselfde tyd gaan vervierdubbel. Daar
word verwag dat die grootste bevolkingstoename in die lae
inkomstegroep, waarvan die grootste deelongeskoold is, gaan
plaasvind.
Verskeie stede en dorpe in ons land kan uit ondervinding oor
die afgelope 4 of 5 jaar getuig van die onaanvaarbare
gesondheidsrisiko wat deur onbeheerde en onbeplande plakkery
meegebring word. Aangesien konvensionele
gravitasieriolering baie duur is om te installeer en die
metodes wat vir die verwerking en suiwering van die
afvalwater gebruik word soms 'n hoogs tegnologiese en dus
duur grondslag het, is dit noodsaaklik om alternatiewe vorms
van rioolverwydering en rioolsuiwering te ondersoek. Die
klem moet val op 'n bekostigbare en geskikte alternatiewe
vorm van sanitasie.
uit hierdie ondersoek het dit geblyk dat
rioolverwyderingstelsels hoofsaaklik in drie groepe verdeel
kan word. Eerstens is daar die stelsels waar die riool op
die terrein verwerk word, tweedens kan riool vanaf die
terrein op 'n ander neutrale terrein verwerk word of, in die
derde geval kan 'n kombinasie van die twee stelsels gebruik
word.
Die term 'verwerking op terrein' verwys na die verwerking of
gedeeltelike verwerking van riool op terrein. Stelsels wat
onder hierdie kategorie ressorteer, is gewoonlik die
goedkoopste, maar hou in sommige gevalle 'n gesondheids- en
besoedelingsgevaar in. Die volgende stelsels word onder
hierdie kategorie geklassifiseer: Putlatrines, Giet-Spoel stelsels, Reid se reuklose klosette, Septiese tenks en Aqua-
Privies

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:cput/oai:localhost:20.500.11838/2625
Date January 1992
CreatorsRossouw, Pieter Arnold
ContributorsSlatter, P, Theart, CF
PublisherCape Technikon
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Rightshttp://creativecommons.org/licenses/by-nc-sa/3.0/za/

Page generated in 0.0019 seconds