Return to search

Seks vir die huwelik? : `n uitgediende paradigma in `n veranderende wêreld?

Thesis (M. Div.)--University of Stellenbosch, 2006. / ENGLISH ABSTRACT: In this thesis the focus will be on the challenges that our modern society presents to the church and her understanding of sexuality. Certain “traditional” values are questioned on a continual basis. Many people argue that a new era represents new challenges and therefore new answers are needed – “traditional” values has nothing more to say in this new world. A “traditional” sex-ethic that believes sex should be kept for marriage, is one of the casualties.
This thesis attempts to show that such a “traditional” sex-ethic is still relevant in this world, today. This can only be done by taking serious notice of the current state of a modern society, & by respecting the Christian tradition, as well as the Word of God. By bringing the Word of God into a critical dialogue with the modern world and the challenges that it represents, it will be possible to show that a “traditional” sex-ethic is still relevant in this modern world.
The Word of God gives us no systematic theory on human sexuality. It is therefore important that we take the central theme of the bible as our point of departure. Love and justice should guide every decision people make: if we want to obey God’s central command of loving our neighbors, we need to approach others with love and justice. By keeping sex for marriage we stay true to what God expects of us. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie word daar gefokus op die uitdagings wat ons moderne samelewing aan die kerk en haar verstaan van seksualiteit stel. Sekere “tradisionele” waardes word bevraagteken, dikwels in die naam van ‘n nuwe konteks. ‘n Nuwe era bied nuwe uitdagings en daarom word baie van dit wat as “tradisioneel” beskou word verwerp as iets wat vandag geen waarde meer het nie. ‘n “Tradisionele” seks-etiek wat sê dat seks slegs in die huwelik hoort, is een van hierdie slagoffers.
Hierdie tesis probeer dus aantoon dat só ‘n tradisionele seks-etiek vandag, in ‘n veranderende wêreld, steeds relevant is. Dit kan slegs aangetoon word deur deeglik kennis te neem van die stand van die moderne samelewing, ‘n waardering van die Christelike tradisie, en die Woord van God. Deur die Woord van God krities in gesprek te bring met ‘n moderne samelewing en die uitdagings wat dit bied, kan daar aangetoon word dat seks steeds in die huwelik hoort – nie voor die huwelik nie, ook nie buite die huwelik nie.
Die Woord van God bied aan ons geen sistematiese teorie oor die mens se seksualiteit nie. Om hierdie rede is dit belangrik dat ons die sentrale tema van die Woord as ons vertrekpunt sal neem vir ons bestudering van die mens se seksualiteit. Die basis van dit alles is liefde en geregtigheid – God se opdrag om ons naaste lief te hê kan slegs deur hierdie twee riglyne ‘n realiteit word. Deur seks slegs in die huwelik te beoefen, is ons getrou aan hierdie opdrag van God.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/17446
Date12 1900
CreatorsFourie, Wynand
ContributorsVosloo, R.R., Stellenbosch University. Faculty of Theology. Dept. of Practical Theology and Missiology.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format83 leaves
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0025 seconds