Thesis (MScEng (Electrical and Electronic Engineering))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: The successful development of a three degree of freedom motion simulation platform,
capable of simulating a vessel’s flight deck at sea, is presented. The motion simulation
platform was developed to practically simulate and test an unmanned aerial vehicle’s
capability of landing on a moving vessel, before practically being demonstrated on an
actual vessel. All aspects of the motion simulation platform’s development are considered,
from the conceptual design to its practical implementation.
The mechanical design and construction of a pneumatic motion simulation platform, as
well as the electronics and software to enable the operation of this motion simulation
platform, are presented. Mathematical models of the pneumatic process and platform
orientation are developed. A controller architecture capable of regulating the pneumatic
process, resulted in the successful control of the motion simulation platform.
Practical motion simulation results of one of the South African Navy Patrol Corvettes,
demonstrate the motion simulation platform’s success. The successful development of the
motion simulation platform can largely be attributed to extensive research, planning and
evaluation of the different development phases. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie word die suksesvolle ontwikkeling van ’n drie-grade-van-vryheid
bewegingsimulasieplatform, wat in staat is daartoe om ’n skip se vliegdek ter see te
simuleer, aangebied. Die bewegingsimulasieplatform is ontwikkel om ’n onbemande
lugvaartuig se vermoë om op ’n bewegende skip te land, te simuleer en te toets, voor dit op
’n werklike skip gedemonstreer word. Alle aspekte van die ontwikkeling van die
bewegingsimulasieplatform word in ag geneem – van die konsepontwerp tot die praktiese
implementering daarvan.
Die meganiese ontwerp en konstruksie van ’n pneumatiese bewegingsimulasieplatform
word bespreek, sowel as die elektronika en programmatuur wat die werking van hierdie
bewegingsimulasieplatform bemoontlik. Wiskundige modelle van die pneumatiese proses
en platformoriëntering word ontwikkel. ’n Beheerderargitektuur wat in staat is daartoe om
die pneumatiese proses te reguleer, lei tot die suksesvolle beheer van die
bewegingsimulasieplatform.
Praktiese resultate van die bewegingsimulering van een van die Suid-Afrikaanse Vloot se
patrolliekorvette wys daarop dat die bewegingsimulasieplatform wel suksesvol is. Die
geslaagde ontwikkeling van die bewegingsimulasieplatform kan grootliks toegeskryf word
aan omvangryke navorsing, beplanning en evaluering van die onderskeie
ontwikkelingsfases.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/4155 |
Date | 03 1900 |
Creators | Smit, Philip Ethelbert |
Contributors | Peddle, I. K., Jones, T., University of Stellenbosch. Faculty of Engineering. Dept. of Electrical and Electronic Engineering. |
Publisher | Stellenbosch : University of Stellenbosch |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | English |
Detected Language | English |
Type | Thesis |
Format | 122 p. : ill. |
Rights | University of Stellenbosch |
Page generated in 0.0023 seconds