Return to search

Die benutting van musiek in maatskaplike groepwerk met dwelmafhanklikes

Thesis (MSocialWork)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: An exploratory study was conducted to determine the nature and extent of the
emotions and emotional experiences of alcoholics and chemically dependent adults.
The study was also conducted to explore the theoretical field of music therapy and
determine how music can be utilized to social group work with alcoholics and
chemically dependent adults. The exploratory study was also conducted to determine
how many knowledge social workers have about music therapy, and to what extent
they believe it can practically be used in social group work with alcoholics and
chemically dependent adults.
The researchers' interest in group work and the importance of the use of creative aids
during group work is the motivation for this study. The aim of the study is thus to
establish guidelines for the use of music in social group work in order to provide
effective intervention for alcoholics and chemically dependent adults.
The most general personality traits, emotions, defence mechanisms, communication
and motivational problems of alcoholics and chemically dependent adults, have been
enclosed in the literature study. The corresponding principles, goals and intervention
processes of group work and music therapy was also highlighted. Focus was
especially placed on the corresponding functions of group work and music namely the
handling of defence mechanisms, the exploration and expression of emotions, the
improvement of communication, the development of a positive self-esteem,
socialisation and the facilitation of personal motivation. The value of group work and
music in the addressing of alcoholics' and chemically dependent adults' problems and
needs, has been investigated because of the specific corresponding functions of group
work and music.
The umversum IS social workers at institutions that make use of group work
interventions in their treatment programmes for alcoholics and chemically dependent
adults. A combination of quantitative and qualitative research methods was used,
namely structured interviews as well as structured questionnaires. The results of this study generally confirmed the findings of the literature study. The recommendations
can be divided into three areas namely recommendations concerning policy,
programmes and training of social workers, recommendations concerning the
corresponding functions of group work and music, and recommendations concerning
future research. The importance of further research in the testing of the value of music
in group work for specific client groups was especially recommended. / AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Verkennende studie is in hierdie ondersoek geïmplimenteer ten einde die aard en
omvang van volwasse dwelmafhanklikes se emosies en emosionele belewenisse te
beskryf, 'n teoretiese verkenning van musiekterapie te doen en dit in verband te bring
met maatskaplike groepwerk, en te bepaal in watter mate musiek tydens groepwerk
met volwasse dwelmafhanklikes toegepas kan word. Die verkennende studie is ook
geïmplimenteer om te bepaal in watter mate maatskaplike werkers kennis oor
bogenoemde vorm van intervensie het en in watter mate hulle van mening is dat die
benutting van musiek in groepwerkprogramme vir dwelmafhanklikes in inrigtings
uitvoerbaar is. Die motivering vir hierdie studie het na vore gekom weens die
navorser se belangstelling in kreatiwiteit in die uitvoer van maatskaplike groepwerk.
Die doel van hierdie studie is dus om riglyne daar te stel vir die benutting van musiek
in maatskaplike groepwerk ten einde effektiewe intervensie aan dwelmafhanklikes in
inrigtingsverband te lewer.
Die literatuurstudie het die algemene persoonlikheidstrekke, emosies, verdedigingsmeganismes,
kommunikatiewe en motiveringsprobleme van dwelmafhanklikes ingesluit.
Die gemeenskaplike beginsels, doelstellings en intervensieproses van groepwerk
en musiekterapie is ook in die literatuurstudie uitgelig. Daar is veral gefokus op die
gemeenskaplike funksies van groepwerk en musiek naamlik die hantering van verdedigingsmeganismes,
die eksplorering en uitdrukking van emosies, die bevordering
van kommunikasie, die ontwikkeling van 'n positiewe selfbeeld, sosialisering en die
fasilitering van persoonlike motivering. Weens die spesifieke gemeenskaplike funksies
van groepwerk en musiek, is daar besluit om die waarde van groepwerk en
musiek in die aanspreek van dwelmafhanklikes se probleme, te ondersoek.
Die universum is maatskaplike werkers by inrigtings wat intervensie aan dwelmafhanklikes
deur middel van groepwerk, bied. Die ondersoek is deur 'n kombinasie
van gestruktureerde onderhoude sowel as gestruktureerde vraelyste, gerig.
Kwalitatiewe en kwantitatiewe inligting is dus ingesamel. Die resultate van hierdie
ondersoek het tot 'n groot mate die bevindinge van die literatuurstudie bevestig naamlik dat dwelmafhanklikes met sekere persoonlikheidseienskappe, emosies,
verdedigingsmeganismes en kommunikatiewe probleme presenteer; dat groepwerk 'n
gewenste metode om bogenoemde behoeftes en probleme aan te spreek en te hanteer,
is; en dat die benutting van musiek in groepsituasies waardevol in die fasilitering van
die uitdrukking van emosies, die afbreek van verdedigingsmeganismes en die
fasilitering van onder andere ontspanning, kan wees.
Die aanbevelings het op drie areas gefokus naamlik algemene aanbevelings rakende
inrigtingsbeleid, programme en skoling van maatskaplike werkers, aanbevelings ten
opsigte van die gemeenskaplike funksies van groepwerk en musiek, en aanbevelings
ten opsigte van verdere navorsing. Daar word aanbeveel dat die benuttingswaarde van
musiek in groepwerk met 'n spesifieke kliëntegroep, getoets moet word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53369
Date03 1900
CreatorsPieterse, Luna
ContributorsKruger, S. P., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Social Work.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format114 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0023 seconds