Return to search

Tienermoeders se perspektiewe oor ondersteuning : die stemme van ses tienermoeders uit 'n benadeelde gemeenskap

Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: This study was undertaken to investigate the perspectives of a group of teenage
mothers from a disadvantaged community, on their need for support and
suggestions for a community support programme. This study forms part of a
community support project in which the Department of Educational Psychology
of the University of Stellenbosch is currently involved. The findings of this study
will be applied to plan effective interventions for teenage mothers.
I made use of a qualitative research design and approached the study from an
interpretive paradigm to gain insight in and an understanding of the participants’
perspectives. The focus group interview was my primary method of research.
The data generated by six focus group interviews were verified through
individual interview data. I also used a biographical questionnaire to obtain
background information from each participant. Furthermore, I made
comprehensive notes on my personal reflections and observations about the
research process, and this became part of the research data.
Through the process of data analysis, seven themes were identified. These
themes are: material support; financial support; contact between the father and
his child(ren); knowledge, advice and information; emotional support; practical
support and access to employment. The participants also made suggestions for a
support programme. The findings of the study indicate that programmes aimed
at job creation, the accessibility of the government grant and support groups in
the community could lead to enhanced support for teenage mothers. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie is onderneem om 'n groep tienermoeders uit 'n benadeelde
gemeenskap se perspektiewe oor ondersteuning te ondersoek, veral ten opsigte
van hulle behoeftes aan ondersteuning en hulle voorstelle vir 'n
gemeenskapsondersteuningsprogram. Die studie vorm deel van 'n gemeenskapsondersteuningsprojek
waarby die Departement Opvoedkundige Sielkunde van die
Universiteit Stellenbosch tans betrokke is. Die bevindinge van die studie sal
aangewend word om effektiewe intervensies vir tienermoeders te beplan.
Ten einde insig en begrip vir die deelnemers se perspektiewe te ontwikkel, het
ek van 'n kwalitatiewe navorsingsontwerp gebruik gemaak en die studie vanuit 'n
interpretivistiese paradigma benader. My primêre metode van ondersoek was ses
fokusgroeponderhoude. Die data wat op hierdie manier gegenereer is, is deur
middel van individuele onderhoude geverifieer. Ek het ook gebruik gemaak van
'n biografiese vraelys om agtergrondinligting oor elke deelnemer te verkry.
Omdat ek binne ‘n kwalitatiewe navorsingsproses werk, was my persoonlike
refleksies en waarnemings deel van die navorsingsproses.
Deur middel van die proses van data-analise het sewe temas uit die data na vore
gekom. Die volgende temas is geïdentifiseer: materiële ondersteuning; finansiële
ondersteuning; kontak tussen die pa en sy kind(ers); kennis, raad en inligting;
emosionele ondersteuning; praktiese hulp en toegang tot werk. Die deelnemers
het ook voorstelle vir 'n ondersteuningsprogram gemaak. Die bevindinge van die
studie dui daarop dat programme ten opsigte van werkskepping, die
toeganklikheid van die staatstoelaag en ondersteuningsgroepe in die
gemeenskap moontlik tot groter ondersteuning van tienermoeders sal bydra.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/16502
Date12 1900
CreatorsNel, Elizette
ContributorsDaniels, Doria, Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Educational Psychology.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0018 seconds