Return to search

Maatskaplike werk intervensie met manlike jeugoortreders in die Departement van Korrektiewe Dienste

Thesis (MSocialWork)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: Juvenile delinquency is currently reaching alarming proportions and the number of
juveniles within the prison population is on the increase. The crimes committed by male
juvenile offenders, are often of an aggressive nature and include crimes such as murder
and rape. The high rate of crime and the nature of the offences make it essential for social
work services to be rendered to the juvenile offender. The purpose of the study was to
establish guidelines for the social worker with the male juvenile offender in the Department
of Correctional Services.
The literature study dealt with the development of the juvenile offender as adolescent and
a profile of the offender was compiled. Those factors both within the family and in the
environment that contribute to criminal behaviour in the male juvenile offender were
discussed. Furthermore the social work intervention process based on behaviour therapy
was described.
An exploratory descriptive study was undertaken in order to determine the knowledge that
social workers have with regard to social work intervention to the male juvenile offender.
An empirical study was done based on the literature study. A sample comprised of ten
social workers that work with juvenile offenders at the youth centres of the Department of
Correctional Services were involved in the study. With the help of the empirical study the
knowledge and skills of social workers regarding the nature of social work intervention to
the juvenile was examined.
The findings of the study reveal that social workers require more knowledge on the
development of the juvenile offender and on those factors that contribute to criminal
behaviour, as well as skills with regard to the social work intervention process with the
male juvenile offender.
In order to render effective social work intervention to male juvenile offenders, social
workers must possess adequate knowledge about the juvenile offender and about the
skills needed to apply the social work intervention process. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Jeugmisdaad neem tans geweldige afmetings aan en die gevangenisbevolking neem toe.
Die misdade wat deur manlike jeugoortreders gepleeg word, is dikwels aggressief van
aard en sluit misdade soos moord en verkragting in. Die hoƫ voorkoms van misdaad en
die aard van die oortredings noodsaak dat maatskaplike werk dienste aan die
jeugoortreder gelewer sal word. Die doel van die studie was om riglyne daar te stel vir die
maatskaplike werker in die Departement Korrektiewe Dienste wat met die manlike
jeugoortreder werk.
Die literatuurstudie het gehandel oor die ontwikkeling van die jeugoortreder as adolessent
en 'n profiel van die jeugoortreder is saamgestel. Die faktore in die gesin en in die
omgewing wat aanleiding gee tot misdaadgedrag by die manlike jeugoortreder, is
bespreek. Voorts is die maatskaplike werk intervensieproses aan die hand van
gedragsterapie beskryf.
'n Verkennende-beskrywende studie is onderneem om die kennis van maatskaplike
werkers ten opsigte van maatskaplike werk intervensie aan die manlike jeugoortreder te
bepaal. 'n Empiriese studie gegrond op die literatuurstudie is gedoen. 'n Steekproef
bestaande uit tien maatskaplike werkers wat by jeugsentrums van die Departement
Korrektiewe Dienste met jeugoortreders werk, is by die ondersoek betrek. Met behulp van
die empiriese ondersoek is die kennis en vaardighede van maatskaplike werkers rakende
die aard van maatskaplike werk intervensie aan die jeugoortreder ondersoek.
Die bevindinge van die ondersoek toon dat maatskaplike werkers meer kennis benodig oor
die ontwikkeling van die jeugoortreder en die aanleidende faktore tot misdaadgedrag,
asook oor vaardighede ten opsigte van die maatskaplike werk intervensieproses aan die
manlike jeugoortreder.
Ten einde effektiewe maatskaplike werk intervensie aan die manlike jeugoortreder te
lewer, moet maatskaplike werkers beskik oor voldoende kennis van die jeugoortreder en
oor vaardighede in die toepassing van die maatskaplike werk intervensieproses.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53491
Date03 1900
CreatorsPheiffer, Roseline Anna
ContributorsGreen, S., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Social Work.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format100 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0025 seconds