Thesis (M Social Work)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: This research investigates education strategies for field instructors working with
undergraduate social work students.
Social work students at the University of Stellenbosch receive practical
experience and education at welfare institutions as part of their formal education.
During this practice education period students are guided and educated by field
instructors.
Practice education of undergraduate social work students is a demanding
responsibility to field instructors and knowledge and skills are required to
complete the task successfully. During the practice education period, field
instructors are still confronted with their own work pressure and environmental
demands in practice, along with the practice education of undergraduate social
work students.
The basic premise for this research is focused on the importance of the role of
field instructors during the field practice period, as well as the importance of
continuous education to these field instructors.
This research report includes 'n thorough literature study that refers to the
knowledge and skills that are required of field instructors for practice eduaction
of students. The partnership between the educational institution and practice
education agency are discussed and the roles, tasks and expectations of the
partners are described in the chapters. Both parties are responsible for the
education of field instructors and several educational strategies are examined.
As a conclusion, educational strategies for field instructors are discussed and
recommendations are made.
The empirical research involved the use of both qualitative and quantitative
methods to explore the theoretical part of the research. An explorary study was
used to obtain the information from respondants. The findings and results of the research are analized and compared with the literature and some
recommendations are made.
The findings of this research can be used as guidelines for the education of field
instructors concerned with the education of undergraduate social work students.
Field instructors contribute to the education of professional social workers and all
parties involved in the education process should bare a responsibilty to
participate in field instructors' education. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsing ondersoek opleidingsstrategieë vir praktykopleiers van
voorgraadse maatskaplikewerk-studente.
Maatskaplikewerk-studente aan die Universiteit van Stellenbosch word as deel
van hul formele opleiding blootgestel aan praktiese ondervinding en -onderrig by
welsynsinstansies. Gedurende hierdie praktykonderrigplasing ontvang studente
leiding en onderrig van praktykopleiers.
Praktykonderrig van voorgraadse maatskaplikewerk-studente stel hoë eise aan
praktykopleiers en verg kennis en vaardighede om die taak suksesvol uit te voer.
Tydens die praktykonderrigperiode word praktykopleiers steeds gekonfronteer
met die eise van die werks- en omgewingsdruk in die praktyk, tesame met die
praktykonderrig van voorgraadse maatskaplikewerk-studente.
Hierdie navorsing is gerig op die noodsaaklikheid van praktykopleiers se rol
tydens die praktykonderrigperiode van voorgraadse maatskaplikewerk-studente,
sowel as die belangrikheid van voortgesette opleiding aan hierdie
praktykopleiers.
Ten einde opleidingsstrategieë vir praktykopleiers daar te stel, fokus die
literatuurstudie op 'n bespreking van die kennis en vaardighede waaroor
praktykopleiers moet beskik vir praktykonderrig aan studente. Die vennootskap
tussen die opleidingsinstansie en praktykonderrigsinstansie word volledig
bespreek en rolle, funksies en verwagtinge van die vennote word aangedui.
Beide partye dra 'n verantwoordelikheid teenoor die opleiding van
praktykopleiers en moontlike opleidingsmetodes word ondersoek. Ter
samevatting word opleidingsstrategieë vir praktykopleiers bespreek en
aanbevelings word gemaak.
Die teoretiese deel van die verslag word uitgebrei in die empiriese ondersoek,
deur 'n ontleding en bespreking van die resultate van die ondersoek. 'n Verkennende studie is benut en beide kwalitatiewe en kwantitatiewe metodes is
gebruik om die inligting van respondente te bekom. Die bevindinge en resultate
van die ondersoek is geanaliseer en vergelyk met die literatuur en sekere
aanbevelings is gemaak.
Die bevindinge van hierdie studie kan as riglyn gebruik word vir die opleiding van
praktykopleiers wat betrokke is by die onderrig van voorgraadse
maatskaplikewerk-studente. Praktykopleiers speel 'n belangrike rol in die
opleiding en onderrig van professionele maatskaplike werkers en betrokke
partye in die opleidingsproses dra 'n verantwoordelikheid om praktykopleiers toe
te rus vir die taak.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52385 |
Date | 12 1900 |
Creators | Kilian, Ilana |
Contributors | Green, S. (Sulina), Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Social Work. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | af_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 130 p.: ill. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0025 seconds