Return to search

Fonologiese en morfologiese beskrywing van Lobedu

In hierdie studie word die fonologie en die morfologie van Lobedu, 'n dialek van die
Noordoostelike dialekbundel van Noord-Sotho, beskryf. Historiese gegewens, soos in
hoofstuk 1 weergegee, toon aan dat die Balobedu vroeer uitgebreide kontak met die
Bavenda gehad het.
Die vokale van Lobedu is anders as hulle standaard ewekniee op die vokaalkaart
geposisioneer. In hoofstuk 2 word aangetoon dat die vokaalsisteem in sekere opsigte
met 'n vyfvokaalsisteem ooreenstem, maar nogtans oor sewe foneme beskik. Tekens
van 'n verskuiwing in die rigting van die meer tipiese sewevokaalsisteem is opgemerk.
Die konsonante van Lobedu word gekenmerk deur veral vier a-tipiese artikulasies:
dentale klanke vervang die standaard laterale sluitklanke, retroflekse sluitklanke
vervang alveolere sluitklanke, oorwegend stemhebbende sluitklanke vervang tipiese
Noord-Sotho se geejekteerde klanke, en affriksie by die vrylating van retroflekse
plosiewe is prominent.
In hoofstuk 3 word gekonsentreer op die toonpatrone wat verskillende naamwoorde
en werkwoorde kenmerk. lnteressante verskille tussen standaard Noord-Sotho en
Lobedu is gedokumenteer, hoewel daar uiteraard ook heelwat ooreenkomste bestaan.
In hoofstuk 4 word die oorsprong van foneme diachronies nagespeur, terwyl alle
geidentifiseerde klankveranderinge in hoofstuk 5 opgeneem is. 'n Uitstaande kenmerk
van Lobedu is dat die kombinasie van labiale konsonante geheel en al anders as in
tipiese Noord-Sotho hanteer word.
In hoofstukke 6 tot 8 word die woordkategoriee morfologies beskryf en ontleed.
Kenmerke van die werkwoord in die verskillende verbale subkategoriee kom ook aan
die orde: Daar word na diachroniese feite verwys ten einde die voorkoms van sekere
allomorfe te verklaar, terwyl die herkoms van sekere morfeme na Venda en Tsonga
teruggevoer word. Hoofstuk 9 bevat 'n gedetailleerde uiteensetting van die struktuur
van die verskillende kopulatiewe.
In die finale hoofstuk word tot die slotsom gekom dat Lobedu wel as 'n dialek van
Noord-Sotho beskou moat word, ten spyte van aansienlike Venda-beinvloeding. Die
voorkoms van a-tipiese kenmerke diskwalifiseer Lobedu nie as 'n Noord-Sotho dialek
nie; indien wel, moat die status van verskeie ander Noord-Sotho dialekte ook
bevraagteken word. Die Balobedu beskou hulleself as Noord-Sotho manse, en die
effektiewe kommunikasie tussen die Balobedu en sprekers van Noord-Sotho bewys
dat onderlinge verstaanbaarheid 'n werklikheid is / African Languages / D. Litt. et Phil. (Afrikatale)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/18654
Date28 May 2015
CreatorsKotze, Albert Ewald
ContributorsLouwrens, L. J.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xx, 453 leaves), application/pdf

Page generated in 0.0016 seconds